Feestyd-doendinge: Markte in die KwaZulu-Natalse Middellande

Kersfees-extravaganza in die KwaZulu-Natalse Middellande. Foto: Pixabay.

Suid-Afrika spog met heerlike naweekmarkte en dit is ook net die regte plek om ’n unieke Kersfeesgeskenk te gaan uitsnuffel. Kwazulu-Natal se Midellande bied hierdie feestyd ook heerlike Kersfeesmarkte aan. Koop plaaslik en handgemaak hierdie Kersfees.

Piggly Wiggly Kersfeesmark

Lekkernye en Kersversierings by die Piggly Wiggly-Kersfeesmark. Foto: Pixabay.

Kos, Kersfeesinkopies, vermaak en treinritte. Selfs Kersfeesvader maak nou en dan hier ’n draai met ’n sak vol bederf. Die Piggly Wiggly-ervaring is ’n dag vol pret vir die hele gesin.

  • Waar: Dargleweg 1, Howick
  • Wanneer: 8 Desember, 9:00 – 17:00

 

‘n Kersfees-extravaganza

Shongweni Farmers & Craft Market bied ’n Kersfees-extravaganza gedurende die feestyd aan. Kom beloer alles van kristalle en houtspeelgoed tot smullekker gebak en ponieritte.

  • Waar: Erf 457, Mr551, Shongweni-hulpbronreservaat, Shongweni, Hillcrest
  • Wanneer: 8, 15 – 17, 22 en 29 Desember

 

Karkloof-boeremark se feesmark

Die Karkloofmark. Foto: Pixabay.

Die Karkloof-boeremark in die hartjie van die Kwazulu-Natalse Midlands Meander is die plek waar hoë kwaliteit, vars produkte van plaaslike boere te koop aangebied word. Dis ’n binnemark met ’n wye verskeidenheid stalletjies waar jy jou mandjie kan vul met organiese groente en vrugte. Tydens die feestyd nooi hulle verkopers van handwerkprodukte om deel te wees van hulle Feesmark. Verwag die Feesmark op 8, 15 en 22 Desember van 07:00 tot 11:00.

  • Waar: Buite Howick, Karkloof-weg
  • Wanneer: Saterdae vanaf 7:00 – 11:00

Lees meer oor markte op ander plekke in die land:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.