Foto’s: Buitelug-pret by kykNET-ekspo

Toyota Urban Trax (Foto; Maroela Media)

As jy graag jou karavaan haak of ʼn tent iewers opslaan, dan moet jy seker maak dat jy hierdie naweek nog ʼn draai maak by die kykNET Buite Ekspo in Malmesbury, net buite Kaapstad.

Die program vir dié unieke geleentheid sorg vir hoë adrenalienvlakke, vol mae en uitmuntende uitstallings van die nuutste kampeertoerusting, woonwaens én 4×4-produkte wat tans op die mark beskikbaar is.

Die ekspo duur nog tot 27 Maart by die Môreson-plaas net buite Malmesbury in die Wes-Kaap in ʼn veilige plaasatmosfeer. Alle uitstallings word aangebied soos wat dit werklik deur die koper gebruik sal word.

Avontuurlustiges kan onder meer uitsien na helikopter- en 4×4-ritte, kunssinniges kan sorgloos deur die snuffelmark stap en die kinders kan van hul energie ontslae raak by die pretpark.

Dagbesoekers word aangemoedig om kaartjies aanlyn te bespreek, maar daar sal ook ʼn bepaalde aantal kaartjies by die hekke beskikbaar wees. Kaartjies is by Ticketmaster.co.za beskikbaar. Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting. Rig enige navrae aan Tersia by [email protected].

Klik hier om die program vir Sondag, 27 Maart 2022 te sien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lourens CFG ·

Wat nié op die fotos wys nie, is dat alles in verskillende kampe toegehein is, en almal het dieselfde ingang ná die hoof ingang.
Jy stap in elke kamp tot aan ander kant van die dam tot by ‘n heining, dan moet jy al die pad terug stap tot by die ingang om by die volginde kamp in te gaan.
As jy by die 4X4 uitstallers is, en iets wil kry om te drink of eet, moet jy al die pad terug ingang toe om by die koskamp in te gaan en stap tot waar jy verversings kan kry (+- 200M), maar die verversings is net 4M van waar jy oorspronklik by 4X4 was.
Die rede wat hulle aanvoer?
Covid regulasies.
Op ‘n plaas, in die buitelug, bo-op ‘n kop, met ‘n sterkerige wind, maar die skape moet gekamp word vir covid.
Die kampeerders was ook ontsteld daaroor, hulle moes heelpad om die hele plek loop om by die ingang te kom.
Baie stupid beplan en uitgelê, sal nie weer so dom wees om na so iets te gaan nie.
Mense ry vêr, dan kry jy dit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.