Hier is opsies as jy graag oorsee wil werk

Foto verskaf deur Travel Work Abroad

Travel Work Abroad bied al vanaf 2009 verskeie opsies aan vir mense om oorsee te werk. Die maatskappy kan mense tussen 18 en 55 jaar oud help.

Travel Work Abroad se gewildste programme is om skool te gee in Thailand of Mianmar en die maatskappy het maandeliks groepe wat oorsee begin werk. Die maatskappy help ook baie vriende en paartjies wat saam oorsee wil werk. Geen ondervinding is nodig nie, net goeie Engels en ʼn passie om ʼn verskil te maak in ander se lewens. Die maatskappy het baie kliënte wat jare lank ambagwerk gedoen het, in die bankwese was en selfs oud-polisiebeamptes wat nou skoolhou in Thailand en dit terdeë geniet.

Travel Work Abroad bied ook au pair-poste in Amerika en Holland vir dames tussen 18 en 26 jaar oud asook gasvryheidswerk in Thailand en Asië by vyfsteroorde vir persone wat onlangs enige gasvryheidstudie of -kursus voltooi het.

Foto verskaf deur Travel Work Abroad

Travel Work Abroad het agente in Pretoria, Potchefstroom en die Tuinroete en natuurlik ʼn kantoor in Thailand! Klik hier om die maatskappy te kontak vir meer inligting.

Of jy lus is om ʼn verandering te maak net vir ʼn paar maande, ʼn jaar of twee of selfs daaraan dink om permanent oorsee te reis – dié maatskappy kan jou help!

“Ons plaas al vanaf 2009 elke maand suksesvol al ons applikante by skole reg oor Thailand/Mianmar om ʼn verskil te maak deur Engels te gee in skole asook privaat tutorsentrums,” verduidelik Lizl Smit, besturende vennoot van Travel Work Abroad. “Baie van ons kliënte wat afgetree is, bied privaat tutorklasse aan.

“Ek is self in Thailand saam met my man en my 10-jarige seun. Ek het in Pretoria grootgeword. Elke dag is ʼn nuwe ervaring, nog ʼn dag in die paradys!”

Smit sê Travel Work Abroad is een van die enigste maatskappye met ʼn plasingsnetwerk wat selfs mense sonder grade in Thailand kan plaas by hul privaat sentrums en skolenetwerk.

“Enige groot skuif na ʼn ander land gaan gepaard met spanning en baie reëlings, maar ons is hier om dit maklik en gemaklik te maak vir al ons kliënte, veral as mens na ʼn land verhuis waar Engels nie die dominante taal is nie.

“Thailand was dalk nie iets waaraan jy gedink het as ʼn bestemming vir werk nie, maar ek hoop dat hierdie artikel jou weer sal laat dink! Hopelik ontmoet ek julle een van die dae hier in die sonnige paradys!”

Besoek Travel Work Abroad se webwerf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.