Jou troudrome word waar in die Bosveld

In die hartjie van die Bosveld, tussen Vaalwater en Ellisras, is Berchtesgaden Game Ranch geleë.  Dit is die perfekte bestemming vir klein intieme troues of enige soortgelyke geleenthede, maar groot genoeg vir baie liefde.

Jy mag ons dalk ken vir ons jaggeleenthede of Bosveldkampe, maar ons is ewe besig met privaat funksies soos troues, spesiale verjaarsdae, verlowingsvieringe, korporatiewe funksies en meer.  Ons sukses om drome waar te maak en jou spesiale dag iets te maak om vir ewig te onthou, was waarskynlik die hoofrede vir die onlangse internasionale toekenning wat aan ons oorhandig is.

LuxLife Magazine is ʼn tydskrif in die Verenigde Koninkryk met ʼn leserstal van meer as 250 000. Die tydskrif is voortdurend op soek na nuwe spesiale wegbreekplekke vir hulle lesers om daardie ongelooflike geleentheid vir altyd te onthou. Hulle het Berchtesgaden Game Ranch beoordeel en die toekenning The Most Intimate Wedding Venue in Limpopo 2023 aan ons toegeken.  Lees gerus meer hier: https://bit.ly/MostIntimateWedding

Hierdie toekenning is ʼn opvolg van ʼn vorige toekenning in 2022 – The Best Country Accommodation in Limpopo 2022: https://bit.ly/BestCountryAccommodation

Berchtesgaden is voorwaar trots hierop, maar soveel meer dat ons spesiale geleenthede vir ons gaste kan laat waar word, hier by ons in die Bosveld.

Wat maak Berchtesgaden so spesiaal? Die ononderbroke rustige natuur – maak nie saak in watter rigting jy kyk nie – sorg vir ’n asemrowende agtergrond waarteen jou sprokiesgeleentheid afspeel.

Alhoewel Berchtesgaden perfek is vir die ‘doen-dit-self’-bruidspaar, is ons bekwame span reg om te help om die dag so vlot as moontlik te laat verloop. As jy nie kans sien om self alles te reël nie, is jy welkom om met ons te gesels oor dit wat ons namens jou kan laat gebeur. Op ons stukkie Bosveldhemel begin die spesiale dag saam met jou geliefdes omring deur die asemrowende Bosveldbos en die geluide van talle spesies Bosveldvoëls wat jou toesing.

Jou sprokies troue word afgesluit met die opsie van die onthaal onder die sterre of binne ons intiem en romantiese strooidaklapa. Ons deel graag ʼn geheim: ʼn Nag onder die sterre met die geluide eie aan ʼn Bosveld is baie spesiaal!

Berchtesgaden bied akkommodasie vir die meerderheid van die gaste, maar ons het binne ʼn klipgooi van ons goeie verbintenisse met ander Bosveldplase waar nog verblyf beskikbaar is.  Perfek vir ’n naweek viering!

Ons is beskikbaar reg deur die jaar, want nes die prag van die veranderende natuur ’n storie vertel soos die seisoene aanskuif, net so sal julle onvergeetlike en pragtige droomdag wees.

Maak ons deel van hierdie spesiale glansgeleentheid sodat jou drome en lekker Bosveldkuiers mekaar kan ontmoet.

Vir meer inligting, kontak ons gerus by [email protected] en ons help graag om jou dag baie spesiaal te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.