Kom kuier saam op Long Beach Mauritius

Suid-Afrikaners kan nou weer die pragtige Mauritius besoek. Bespreek nou jou kuiertjie by Long Beach op dié besonderse eiland. (Foto: Verskaf)

Op soek na ʼn vakansie wat vir jou die perfekte balans tussen opwindende avontuur en salige ontspanning bied? Mauritius is dan net die regte vakansiebestemming vir jou en die goeie nuus is dat die eiland pas sy grense weer vir Suid-Afrikaanse besoekers oopgestel het.

As jy gou spring kan jy nou jou vakansie by Sun Resort se Long Beach in Mauritius bespreek waar romantiese staptogte op die mooiste 1,3 km lange strande en heerlike mengeldrankies langs die swembad vir jou wink.

Long Beach Mauritius is ʼn vyfster-oord aan die ongetemde Ooskus van die eiland by die beroemde Belle Mare-strand.

Die unieke moderne oord, wat omring is deur digte tropiese tuine, bied die perfekte ontsnapping vir kieskeurige gaste wat op soek is na ʼn salige hawe wat gelyke hoeveelhede van ontspanning en pretaktiwiteite bied.

Long Beach Mauritius bied ongekende diens en kontemporêre luukshede vir aktiewe paartjies en gesinne langs spierwit strande wat in die kristalblou seewater wegsmelt. Die energie van die eiland is hier so suiwer en lewendig, jy sal dit sommer onmiddellik kan aanvoel.

Kom ontspan in die gerief van ʼn luukse hotelkamer. Elke kamer op Long Beach het direkte toegang tot die strand, tuin of swembad. Kamers spog ook met ʼn private balkon of terras en die stylvolle meubels met natuurlike kleure versterk die ruimheid van die interieurs. Alles is so ontwerp om vir gaste ʼn intieme en rustige atmosfeer te verskaf, van die koninggrootte-beddens tot gratis Wi-Fi en individuele lugversorging. Net die beste persoonlike gemak word in Long Beach se luukse hotelkamers verseker.

Bespreek enige kamer op World Leisure Holidays se webwerf en kry gratis Wi-Fi-internet, gratis uitgesoekte watersportaktiwiteit en bevoorregte toegang tot die Ile aux Cerfs-gholfklub of speel gratis gholf wanneer jy ʼn alles-inklusiewe pakket en/of Long Beach Executive Suite bespreek.

Beplan jy om saam met kinders te reis? Geen probleem nie want kinders jonger as 12 bly en eet gratis by Long Beach Mauritius.

Long Beach is anders as enige ander hotel op dié eiland en daarom kan die span jou verseker dat jou hele vakansie in Mauritius ook in ʼn klas van sy eie sal wees.

Verrassings en opwinding word moeiteloos verweef in elke oomblik van die Long Beach-ervaring om onvergeetlike tye te verseker.

Kom ervaar die skouspelagtige uitsig, opwindende watersport, eksotiese kookkuns, gholf van wêreldgehalte, spa-behandelings met volledige dienste en markte. Of jy nou op soek is na ʼn romantiese wegbreek, ʼn gesinsvakansie of ʼn ononderbroke partytjie saam met vriende, Mauritius is die plek waar jy dit sal vind.

Besoek World Leisure Holidays se webwerf vir die jongste spesiale aanbiedings om dié eiland te besoek. Kaartjies kan van R26 100 per persoon bespreek word vir sewe nagte se verblyf.

(Foto: Verskaf)

Hierdie plasing is deur ʼn onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Reis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.