Kom rus en ontspan … eilandstyl

Shangri-La Le Touessrok, Mauritius

Sewe nagte
Bed en ontbyt
Coral Deluxe-kamer met ʼn see-uitsig
01 Mei – 30 September 2022

Klik hier om navraag te doen
Bespreek voor 30 April 2022

Shangri-La Le Touessrok is ‘n luukse privaat wegkruipplek wat die ware gees van Mauritius verteenwoordig, geleë aan die stil kus van Trou d’Eau Douce. Die oord bied ʼn ononderbroke uitsig oor die Indiese Oseaan uit sy eksklusiewe kamers met spierwit strande voor jou deur. Ontdek Le Touessrok se ryk geskiedenis met ʼn tikkie Asiatiese gasvryheid, waar jy kan smul aan eksotiese kosse, privaat oorde kan geniet en jy kan selfs afslaan by een van twee kampioenskap- 18 putjie-gholfbane.

Jy sal ook van die stilte en privaatheid van ons Dine by Design-ervaring hou. Hierdie pasgemaakte diens laat jou toe om ‘n privaat aand saam met jou geliefde, vriende en familie te geniet. Jy help om ʼn pasgemaakte spyskaart saam te stel wat deur ons sjef voorberei word, sowel as ‘n reeks privaat vermaakopsies.

Vir ʼn uitsonderlike romantiese en luukse ervaring kan jy ons privaat eiland, Ilot Mangenie, bespreek vir ‘n een-tot-een aandete onder die sterre, net vir jou en jou geliefde. ‘n Persoonlike butler sal die hele nag byderhand wees terwyl jy skouspelagtige vuurwerke en romantiese musiek geniet.

Ons Deluxe Coral-kamers met ʼn see-uitsig is op die eerste verdieping geleë met die mooiste uitsig oor die Indiese Oseaan vanaf ‘n elegant gemeubileerde balkon.

Hierdie kamers, wat Le Touessrok se moderne eiland-sjiek styl ten toon stel, word beklemtoon deur natuurlike inheemse dekor en kan twee volwassenes en een kind akkommodeer.

Anantara Iko Mauritius Resort & Villas

Sewe nagte
Bed en ontbyt
Deluxe-tuinkamer
1 Mei – 30 September 2022

Klik hier om navraag te doen
Bespreek voor 30 April 2022

Anantara Iko Mauritius Resort & Villas, geleë op Le Chaland-strand aan die suidoostelike kus van Mauritius, is jou paspoort na tradisionele Mauritiaanse kultuur en skouspelagtige natuurwonders.

Die oord is ʼn reisigersdroom met talle aktiwiteite om die hele gesin te vermaak. Spandeer jou oggend in die rustige tropiese tuine by een ​​van Mauritius se beste oorde. Bespreek plaaslike uitstappies om teeplantasies en rum-distilleerderye te ontdek. Jy kry boonop ook kans om die speserygeheime van Kreoolse kookkuns te leer.

Van hier kan jy gaan stap in La Vallée de Ferney, of die oorspronklike hoofstad Mahébourg gaan verken.

Dit is die perfekte geleentheid om af te skakel en jou te verlustig in die skoonheid van ons tuinparadys langs die louwarm blou water van die Indiese Oseaan.

Met die beste restaurante in Mauritius, bied die oord eklektiese kookkuns wat prut met Indiese, Franse, Nederlandse, Kreoolse en Chinese geure. Vier die eiland se kulturele erfenis met outentieke plaaslike disse. Verken internasionale geure en ontwerp jou eie kookkuns-ervaring onder die sterre.

Bepalings en voorwaardes

Alle gekwoteerde tariewe is onderhewig aan beskikbaarheid met die tyd van die bespreking. Vliegkaartjies en lughawebelasting is onderhewig aan verandering binne die gespesifiseerde seisoene en is gebaseer op spesifieke lugrederye wat die gekwoteerde tarief kan beïnvloed.

Tariewe is onderhewig aan valutaskommelings, wat onderhewig is aan verandering sonder vooraf kennisgewing en sluit enige administrasiefooie uit.

Standaard B’s en V’s geld.

Kontak jou naaste reisagent of World Leisure Holidays by (011) 285 2500 of besoek www.wlh.co.za/booking/

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.