Namakwaland – Reën beloof duisende blomme

“Ons is baie opgewonde oor die reën wat ons oor die naweek ontvang het. Dit reën nog lekker in sekere dele van die Namakwaland. Hierdie is nou al die hoeveelste goeie opvolgreën wat ons vanjaar ontvang het. Die tafel is beslis gedek vir ‘n pragtige blommeseisoen!”

Só sê Mike Spies van Namakwa-toere terwyl hy die goeie reënval van die afgelope naweek in Namakwaland beskryf.

Goeie reën beteken gewoonlik asemrowende blomme in die gebied. In 2017 was Namakwaland se droogste jaar in ʼn lang tyd, maar daar was steeds baie blomme. “Hierdie jaar het ons goeie reën, en al wat dié blomme nodig het om hulle prag te wys is ʼn paar druppels vanuit die hemel,” voeg Mike by.

Mense vanuit verskeie omgewings het reeds foto’s op sosiale media gedeel van die goeie reën wat hulle ontvang het.

Wat nou modderplasse is, sal binnekort in massas blomme ontaard – blomme so ver soos die oog kan sien! In die foto hiernaas wys Mike dat daar oor die afgelope naweek sowat 12 mm reën geval het. Die vooruitsig is dus baie positief.

Meer as 3 500 verskillende spesies blomme lê onder die grond en wag vir die winterreën om lewe te bring.

ʼn Storiebustoer deur Namakwaland

Maroela Media en Anna Davel wil dié Augustus saam met ons lesers op ʼn bus klim om die skouspel te sien, maar ons is ook op ʼn avontuurjag – ons gaan die landskap platry op soek na die mooiste stories!

Op hierdie unieke storiebus gaan jy saam met Maroela Media, Anna Davel en ander kan kuier en ons gaan lekker lag en lekker huil vir al die stories van die Namakwalanders. Hier in Namakwaland is die kuns van storievertel nog lank nie vergete nie.

Ons nooi jou saam op dié avontuur – dis beslis iets wat jy nie kan misloop nie!

Maroela Media se storiebus ry van 7 tot 11 Augustus van plek tot plek om bedags die skouspel blomme te kyk en in die aande die lekkerste stories vertel!

Ons nooi jou saam: Pryse vir die toer begin op slegs R10 000 pp wat deel. Vir meer inligting oor die toer, die toerprogram en besprekings, vul die onderstaande kontakvorm in en ʼn verteenwoordiger sal jou kontak.

Ek stel belang!

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.