Nuwe regulasies vir SA reisigers wat die grens wil oorsteek

reisregulasies

Foto: Pixabay.com

Nuwe regulasies, wat sal verhoed dat voertuie sonder die regte dokumentasie die grens sal oorsteek, is so pas deur die polisie ingestel. Enige voertuig met Suid-Afrikaanse nommerplate, moet gesertifiseerde dokumente hê wat eienaarskap bewys. Die dokumente sluit die volgende in: ʼn gesertifiseerde afskrif van die voertuig se registrasie-/ lisensiedokumente wat by die grenspos getoon moet word. Saam met hierdie dokumente, moet daar ook ʼn brief van die bank wees wat magtiging gee om die voertuig oor die grens te neem – reisdatums moet ook in dié dokument aangedui word. Beide die brief van die bank en die voertuig se dokumente moet deur ‘n kommissaris van ede geteken wees.

Indien die bestuurder van die voertuig nie die eienaar is nie, moet ʼn beëdigde verklaring van  die eienaar of finansiële instansie by die polisiekantoor afgelê word om die voertuig oor die grens te neem. Indien die voertuig gehuur is, moet die bestuurder ʼn brief van die huurmaatskappy hê wat toestemming gee om die voertuig landuit te vat.

SA reisigers word aanbeveel om die AA te raadpleeg oor die jongste grensregulasies.

Die polisie het onderneem om môre terugvoer te gee op verskeie vrae. ʼn Opvolg artikel sal gepubliseer word sodra verdere inligting bekend is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Theresa

Dit sou werklik fantasties gewees het as al die outjies wat so instroom hierheen, ook al die nodige dokumentasie – wettig en gechap – kon toon voor intree hierheen…

Henk Celliers

Dit word al hoe moeilikker vir die eerlike landsburger in SA,wapenlisensies,voertuig lisensies ens,ens.Ek het nog nooit ennigge bank iets geskuld nie,waarom nou n brief van die bank,om wat te sê?

MM

Dit was nog altyd so sover ek weet, want ek moes ook ‘n brief van die bank kry met al die nodige dokumente om oor die grens te gaan asook van my werkgewer, want dit was ‘n demo gewees. Henk as jou voertuig gefinansier is dan moet jy ‘n brief van die bank kry. Dit is hulle voertuig en nie joune nie. Jy moet hulle 1 week vooraf in kennis stel sodat die regte dokumente aan jou gegee kan word. Ons moet soms baie vining ‘n voertuig registreer sodat die voertuig oor die grens kan gaan, want jy mag nie… Lees meer »

Derek Meyer

Interessant, maar my voeruig is my eie. Afbetaal. Ek skuld g’n bank enige geld vir die voertuig waarmee ek gereeld die land verlaat het nie. Hoe nou gemaak?

JO

Dis nou vir voertuie met SA nommerplate – als klink goed – maar wat van die ‘bestelde’ voertuie – die papiere en nommerplate word in n buurland vervals, hulle kom SA toe, steel n voertuig wat d beskrywing pas en whalla! Nee hoor, ek stem – hulle maak dit net moeiliker vir die eerbare toeriste.