Nuwe reisregulasies vir Suid-Afrikaanse minderjariges

Reisregulasies-vir-kinders

Die nuwe reisregulasies vir Suid-Afrikaanse minderjariges sal in Junie vanjaar in werking tree. Foto: Wêreldwyd.co.za

Wil jy binnekort saam met jou kinders buite die landgrense van Suid-Afrika gaan reis? Hier is wat ouers en voogde moet weet oor die nuwe reisregulasies vir minderjariges:

  • Voorheen was net ‘n paspoort en verkorte geboortesertifikaat nodig.
  • Die nuwe regulasies vereis egter dat ‘n kind onder 18 jaar wat die land verlaat ‘n onverkorte geboortesertifikaat met albei die ouers se besonderhede op die sertifikaat moet voorsien. Hierdie onverkorte geboortesertifikaat moet in Engels wees.
  • Wanneer die kind onbegeleid reis, of net deur een ouer of voog vergesel word, word toestemmingsdokumentasie van die ander ouer(s) ook vereis.
  • Tans word aangedui dat dié regulasies op 1 Junie 2015 in werking tree.

Hierdie artikel is aan Maroela Media verskaf deur Wêreldwyd, ‘n inisiatief van AfriForum, waar Suid-Afrikaners wat tans in die buiteland woon en/of werk kan kontak met Suid-Afrika hou. Besoek Wêreldwyd se webblad vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lisa Nel ·

Al vraag wat ek het is wanneer kry n mens die onverkorte gwboortesertifikaat uiteindelik van Binnelandse Sake af? Ons het op 5 September 2014 aansoek gedoen vir ons dogter s’n en wag steeds. Opvolgoproepe help niks
Daar word net gese die aansoek is ontvang en word verwerk. Soms word daar selfs aanbeveel dat ons weer gaan aansoek doen. Ek voel 6 maande is belaglik lank om te wag

Irah ·

Het self einde Julie aansoek gedoen vir myne en my seuntjie sn. Myne was ‘n week later reg – sit nou nog en wag vir syne….

scalla ·

En die wet is nie van toepassing op die onwettige immigrante vanaf buurstate nie

Uys ·

Mensehandel moet n veel grooter probleem wees as wat ons bewus is van.

Elize ·

Ek is geskei en my ex het heeltemal uit my kinders se lewe uit gestap. Ek wil hulle volgende jaar April Mosambiek toe vat so die nuwe wet beteken ek moet nou weer hof toe om sy regte te verwyder sodat ek die kinders land uit kan vat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.