Openbare ondersoek kom oor tyddeelpunte

tyddeel

Argieffoto

Die Nasionale Verbruikerskommissie gaan binnekort ʼn openbare ondersoek van stapel stuur oor daardie ding wat Suid-Afrikaanse verbruikers laat wens hulle wou nooit met vakansie gaan nie: tyddeelpunte. Wat klink na ʼn goeie idee vir ʼn jong gesin om te gaan uitspan by ʼn vakansie-oord, ontaard dikwels in ʼn nagmerrie wanneer ʼn mens nie kan plek kry waar jy graag wil bly in die tydperk wat jy verkies nie.

En moenie dink jy kan maar van die punte ontslae raak en self jou vakansie beplan nie – as jy punte vir lewenslank gekoop het, is dit presies wat dit beteken: lewenslank. Jy kan dit self aan iemand anders verkoop, maar dit is nie so maklik nie en as jy dit wil kanselleer, moet jy ʼn aansoek indien met bewyse van jou maandelikse inkomste en uitgawes om te bewys jy kan dit nie meer bekostig nie. Dit gebeur dikwels met pensioenarisse wat vind hulle kan nie meer die punte bekostig of die geriewe gebruik nie.

Die kommissie het in 2013 ʼn ondersoek na tyddeelpunte, of vakansieklubs soos dit ook genoem word, geloods en verlede jaar ʼn aansoek ingedien by die Nasionale Verbruikerstribunaal om die tyddeelskemas as bedrieglik te verklaar. Die kommissie het egter die aansoek teruggetrek weens verskeie tegniese punte, soos dat al die klubs nie in die aansoek genoem word nie en dat van die kontrakte gesluit is voor April 2011 toe die Wet op Verbruikersbeskerming in werking getree het.

Oor die laaste dekade het baie mense gekies om liewer punte te koop omdat hulle glo hulle sal ʼn wyer keuse hê van oorde. Baie verbruikers sukkel egter om die oord van hul keuse te bespreek en vind dikwels hulle het nie genoeg punte nie. Met baie verbruikers wat noustrop trek weens die ekonomiese klimaat, wil meer mense ook van hul punte ontslae raak. Intussen hoop die klagtes op van verbruikers wat sukkel met tyddeel en veral tyddeelpunte.

Volgens Trevor Hattingh, woordvoerder van die kommissie, het die tribunaal ook net jurisdiksie oor die Wet op Verbruikersbeskerming en die Nasionale Kredietwet, terwyl die tyddeelpunte ook onder die  Wet op Deeltitels en die Wet op Aandeleblokke sorteer.

“Die Wet op Verbruikersbeskerming het nie ʼn definisie vir ʼn lewenslange kontrak nie en daarom is daar tans nie ʼn maklike manier om tyddeelpunte te kanselleer sonder om dit te verkoop nie. Daarom het die kommissie besluit om ʼn openbare ondersoek te loods, wat reeds deur die departement van handel en nywerheid goedgekeur is, ” sê hy.

ʼn Paneel kundiges sal die ondersoek lei en hul verslag sal aanbeveel hoe die kommissie die kwessie holisties kan hanteer om verbruikers se regte te beskerm.

Verbruikers word aangemoedig om intussen baie versigtig te wees wanneer hulle tyddeelpunte koop, soos om seker te maak die ontwikkelaar of bemarkingsagent is lid van ʼn reguleringsliggaam wat deur die departement van handel en nywerheid aangewys is. Maak ook seker die ooreenkoms voldoen aan die Nasionale Kredietwet, die Wet op Verbruikersbeskerming, die Wet op Aandeleblokke of die Wet op Deeltitels.

Lees die kontrak baie mooi deur en maak seker wat jou verpligtinge is. Gaan ook alle ander dokumente deur en maak seker jy verstaan watter soort produk jy koop en dat al jou vrae beantwoord is indien jy nie alles verstaan nie. Jy moet ook ʼn afskrif van die kontrak kry op die dag waarop jy dit teken.

Die kontrak moet kennisname van bekendstelling (Acknowledgement of Presentation), bepalings en voorwaardes en waar van toepassing, ʼn gebruiksooreenkoms en bestuursreëls insluit, sowel as ʼn voltooide en getekende afskrif van die kontrak.

En as jy nie die versoeking kon weerstaan om te teken nie, onthou jy het vyf werksdae om die kontrak op skrif te kanselleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Piet Pompies ·

Punte is oorprys en verbruikers koop te min, gevolglik is die punte nutteloos. Daar word ook te veel punte verkoop tov die beskikbaare akkomodasie, gevolglik is dit byna onmoontlik om akkomodasie te kry volgens die klient se behoefte. Bykomende kostes soos admin en diensfooie maak die goedkoop vakansie eintlik duur. Dit het tyd geword dat die bedryf ondersoek word.

Kiepie ·

Dis die beste nuus wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Hierdie hele bedryf is vrot.

phillip van Dyk ·

ons punte verwaardeloos al meer en is amper niks meer werd nie. vir ons is gese hul sal dit terug koop. toe ek hulle nou vra om dit terug te verkoop aan hulle toe se hulle ek moet bewys waar het hulle so gese. ek betaal nou elke maand geld vir nuttelose punte en kan dit nie meer bekostig nie. hoe kry mens hulp daarmee.

Sarie ·

Hulle skakel my byna elke 3de dag & verstaan blykbaar niè wàt “Ek stel nie belang”, in ènige taal beteken nie!!! Verder verpes hulle my met sms boodskappe… Hulle is voorwaar KNAEND!!!

Kobus Pelser ·

Ons het punte en werk lekker vir ons ,ons gebruik dit buite seisoen omdat ons kinders reeds uit die huis is maar ek dink jy moet jou huiswerk goed doen as jy dit koop en by wie

René Vermeulen ·

Stem saam, Kobus. Ons het ook punte (lank gelede gekoop toe die kinders nog klein was en hulle is ook nou al uit die huis uit) en dit werk uitstekend vir ons! Doen net jou beplanning en bespreking lank voordat jy vakansie wil gaan hou. Jy gaan nie ‘n week voor die tyd regkom nie. En dan is jy kwaad vir die maatskappy by wie jy gekoop het.

Alta ·

Verskriklik bly dit word ondersoek. Die Nasionale Verbruikerskommissie moet asseblief wyd en duidelik adverteer waar die openbare ondersoeke gaan plaasvind. Ek het baie om hulle te vertel. Dis HOOG tyd!

Jorrie ·

Ek verwelkom hierdie ondersoek!!!!! Die bedryf plaas baie druk op mense wat dit nie meer kan bekostig nie en buiten is die feit dat die vakansie plek van jou keuse NOOIT beskikbaar is nie , veral in spitstye . Ook is dis die sogenaamde maandelikse ” management fees” wat elke jaar verhoog wat finansieële druk op die verbruiker plaas .

A ·

As daar maar net iets van kan kom. Jy kry nooit plek nie en jou heffings gaan jaarliks met meer as inflasie op. As ek net my heffing gehad het kon ek by ‘n goeie plek bespreek het wanneer en waar ek wil. Hulle vang jou met ‘n slap riem en dan kan jy nie uit die kontrak uit nie. Jy kan nie eens jou punte teruggee nie. Hulle wil dit nie eens verniet he nie!!!!

Japie ·

Hoe kan ek in kontak kom met Trevor Hatting of enige ander lid van die kommissie asseblief?
Ek het my situasie gerapporteer meer as een keer en kon tot dusver GEEN terugvoering van die Verbruikers Raad kry nie onder andere ‘n verwysings nommer vir my klagte.
Holiday Club is met ongeveer R50 000 van my in hul sak sonder dat ek een enkele punt gebruik het weens on beskikbaarheid en opsetlike wanvoorstelling tydens sluiting van die kontrak. My Prokereur het my na die Verbruikers Raad verwys. Ek word elke week geskakel en gedreig dat ek geswartlys sal word nieteenstaande die feit dat ek ‘n geskil verklaar het. Die feit dat die Verbruikers Raad my nie ‘n verwysings nommer verskaf nie maak dit onmoontlik om ‘n geskil te bewys.
Hierdie mense is genadeloos in hul soeke na jou geld, passie mede landgenote.
Sal die rubriek skrywer my asseblief dringend help in die verband.

Hanie ·

Ek is met ‘n soortgelyke slenter gevang. Die verskil is jy koop nie punte nie maar jy koop lidmaatskap in die maatskapy (Vakansieklub). Jou vakansie besprekings word op hulle web blad gedoen en jy word ‘n afslag gewaarborg. Ek het binne 5 dae na die ondertekening van die kontrak die nodige kanselasiebrief by die maatskapy se gekose adres per koerier diens afgelewer. Artikel 16 (4) (a – b) van die Verbruikes beskermings wet 68 van 2008 bepaal dat indien die kontrak binne 5 werk dae gekanseleer word diemaatskapy alle gelde binne 15 werkdae moet terug betaal en dat hulle ook nie mag diebietorders vir betaling mag aanbied nie. Die probleem is die maatskapy steur hom nie aan die wetgewing nie en maak net soos hulle wil. Jy sukkel jou morsdood om met hulle te kommunikeer. Jy kan Epos aan hulle stuur en vra dat hulle met jou in verbinding moet tree totdat jy blou word, hulle kom eenvoudig nie terug na jou toe nie. Wanneer jy hulle per telefoon wel in die hande kry word jy gerus gestel dat hulle die nodige aandag daaraan skenk en dat hulle jou op hoogte sal hou, maar weereens gebeur daar niks. Ek dink herdie sogenaamde “direct marketing” moet onwettig verklaar word.

Anoniem ·

Groot verrassings wag vir mense wat bereid is om in deeltitel- of tyddeelskemas te belê!

Gert ·

Dis reg en n ander vraag is hoekom word punte ge kanseleer as jy dit nie in n sekere tydperk gebruik nie ???????? ek het betaal vir iets , so hulle vorseer jou om te betaal en dan steel hulle jou geld . aaseblief ondersoek alles en laat die publiek in kennis van alles .

James ·

Dis goed en hoekom word punte ge kanseleer as mens dit nie kon gebruik nie ? ek het mos betaal vir dit .

Willie ·

O wee hierdie mense is uitgeslape. Ek het briewe en briewe geskryf om lidmaatskap te kanselleer en was by hul kantore in Pretoria. Om hul uit my gestel te kry het ek “opbetaal”. Nie lank nie kry ek nou weer ‘n rekening hierdie maand vir R6800, die jaarlikse bestuursfooie.

Belinda ·

ASB!!!!!! Ondersoek hierdie saak…betaal vir NIKS…kry nooit plek, en bel jou mal voor iemand kan help ens.

Chris ·

Skrap die hele puntestelsel. Maak dit tot niet. Kla die hele kaboedel aan wat dit smous en gooi hul in die tronk. Dit is erger as die vrotmelk skema van jare gelede.

Jan maak n Plan ·

Grootste skelm streek wat ek nog mee te doene gekry het. Hulle is almal n klomp skelms.

Pieter ·

Hul administration fooie styg met r1000 is 10 000 rand , ekt by hul aangesluit vi karavaanpark nou skielik doen hul ni meer karavaanpark boekings nie ,het alle verskonings vi 10 000 rand n jaar gaan hou ek lekker vakansie op my eie want dit kos ni NaasTenby so Baie ni hul het Baie verskonings ,hul het ons nou al Baie genooi om ander Kontrak te Teken ,maar ons het geweier
My raad is moet inks by di tipe klubs koop ni di moeilikheid hul het my gevang met Lee beloftus

Cherokee ·

Julle het die entrepreneur in my wakker gemaak! Ek het strandwoonstelle …. stel julle belang om tyddeelpunte te koop? Julle kan op die strand vakansie hou. Sal probeer om dit in te pas by wanneer dit julle pas. Laat weet my sonder versuim!

KarooKlong ·

Nee dankie sê Rooikappie vir die Wolf.
Ek ken jou nie maar ek ken jou soort sê sy vir hom.
Wolf klim in sy Jeep en gaan strand toe.
Fluit fluit, Wolf lê op sy stoep by sy strandhuis.
Da by Deben se strand.

Johannes Meintjes ·

My vrou en ek het net na wittbebrood in 1982 ook gedink een van die eerste tyddeelskemas in SA is net die ding om by in te koop. Oor jare is ons titelakte omskep in punte by die oord en toe later na punte in enige verwante oord, – en die koste het gedurig meer geword, plek al minder en punte verhuur of verkoop al moeiliker. Ons het die saak lank baklei, en ook by VF aangemeld. Weggestap met verliese. Baie danbaar, ter wille van talle ander, dat die Tyddeel vakansiebedryf ondersoek sal word.

Josef Jansen ·

Hierdie bedryf het loshande die meeste ontevrede kliënte van alle bedrywe. Maar dit pla die groot base min, hulle maak geld.

Paul ·

From the previous comments it highlights the problem of being able to book a holiday in the resort of your choice at a time that you want to. I have found that even if you try reserve a place on the very day that bookings open the system says that there is no place available. So who is hanging on to these units? Yet when you manage to RENT a unit through some other means you find that a lot of units are just standing empty!
I bought time share many years ago and way back then we did manage to have holidays at resorts of our choice. Over the years the available space just got less and less and our peak week points through RCI just accumulated and disappeared after a period of time due to us not being able to find a suitable resort to holiday at. So an investigation into the whole holiday scheme/s would be most welcome.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.