Sardienloop aan die Suidkus

Sardienloop onderwater (Foto: Bigstock)

Die kus word weer wild, want die sardienloop is hier! Dié jaarlikse natuurverskynsel laat ons elke keer in vervoering en vanjaar gaan geensins anders wees nie. Dis egter in ʼn oogwink verby, so jy sal moet spring as jy dié besonderse gebeurtenis onder oë wil kry!

Daarom vertel LekkeSlaap jou alles wat jy van die sardienloop moet weet en ons wys jou waar jy kan oornag as jy saam wil reis!

Wat is die sardienloop?

Sardiens kom gewoonlik voor in die Weskus se koue water, maar een keer per jaar beweeg hulle van die Weskus na KwaZulu-Natal se Suidkus op soek na warmer water. Tussen Mei en Julie gons die kus vanaf Port Edward tot in Durban om dié unieke natuurverskynsel dop te hou. Daar blyk steeds onsekerheid oor hoekom hierdie verskynsel plaasvind omdat die Kaapse koeler water meer voedselryk vir die sardiens is.

Die feit dat jy boonop verskeie diere kan raaksien, soos voëls, sportvis, dolfyne, walvisse en haaie, maak dié gebeurtenis voorwaar ’n belewenis. Dis selde dat só ʼn verskeidenheid diere op een plek bymekaar kom.

Uitkykpunte

Bouganvilla Hibberdene Vakansiewoonsel (Foto: LekkeSlaap)

Jy kan die sardienloop al langs die Suidkus tot by Durban sien, maar daar is ʼn handjievol uitkykpunte waarby jy beslis moet uitkom. Ongelukkig kan hierdie uitkykpunte nie waarborg dat jy die sardienloop gaan gewaar nie, maar dis plekke waar dié natuurwonder al in die verlede aanskou is:

As jy nie net teen die kus wil staan en kyk nie maar die aksie van nader af wil sien, kan jy op verskeie bootvaarte gaan of by ʼn duikgroep aansluit. Daar is daaglikse bootvaarte waartydens daar agter die sardiens aangejaag word om die verskynsel van naby te beleef.

Feestyd

Daar is ook ’n rits ander doendinge in die omgewing as jy jou ’n rukkie van die sardienloop af kan wegskeur.

Umtamvuna Sardine Festival (6 tot 8 Julie) ─ Port Edward

Dié fees het twee hoof-venues en verskeie besighede in die area raak betrokke. Die hooffees vind plaas by Mattison Sqaure op die R61 net buite Port Edward. Vermaak sluit musiek, stalletjies, ʼn kinderspeelarea, Zoeloe-dansers en komedie in. Daar word ook ʼn musiekaand gehou as fondsinsameling om die Portugese monument te herbou. Die tweede venue is by The MacBanana Lifestyle Centre waar almal ʼn bietjie aan Portugese wyn kan teug. Verder is daar die sardien-bergfietsry en -velddraf by die Port Edward-vakansieoord.

Mercury Ski Boat Festival (4 tot 7 Julie) ─ Shelly Beach Ski-bootklub

Tydens dié fees kan jy sien hoe spanne deelneem aan die jaarlikse wintersportvis-kompetisie. Die ski-bootklub bied ook ʼn kompetisie vir die jongspan ─ van 16 tot 20 Julie vind die nasionale juniorsportvis-kompetisie plaas wat hope opwinding waarborg!

Pretfeite

  • Sardiens se lewensduur is selde langer as drie jaar.
  • Elke jaar word ongeveer 200 000 ton groterige sardiens aan die Kaapse kus gevang.
  • Sardiens se ligte onderlyf en donkerder bolyf dien as vermomming teen roofvisse.
  • Sardiens skool saam wanneer roofvisse nader kom ─ ʼn verdedigingsmeganisme om dié aanvallers te verwar en te laat dink die prooi is groter as wat dit regtig is. Hulle sukkel dan om net een vis te teiken.

Verblyf

As jy nie aan die Suidkus woon nie, maar graag die sardienloop-skouspel wil ervaar, bespreek gerus ’n wegbreeknaweek in een van dié pragtige Suidkusdorpe:

Port Edward

Port Edward se geskiedenis begin in 1552 by die São João-skeepswrak. Dis die eerste skip wat aan die Suid-Afrikaanse kus gestrand het en daar word geglo dat die porseleinskerwe wat op die strande vanaf dié skeepswrak kom. Verder is die vuurtoring die hoeksteen van die oorddorpie se geskiedenis en is vandag steeds in ʼn werkende toestand. Die dorp is in 1925 gevestig en is ter ere na koning Edward VIII vernoem. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing, soos branderplankry, bergfietsry-roetes, voetslaanroetes en die Craigsview-wildversorgingsentrum.

The Estuary Hotel & Spa (Foto: LekkeSlaap)

Oorweeg gerus dié blyplekke in Port Edward:

12 Bonze Pradise | Lala Palm Lodge | Sand Pebbles 6 | Palmer’s Rock

Southbroom

Southbroom is oorspronklik Uitkyk genoem weens die groot heuwel wat die streek se topografie domineer. Dis in 1883 herdoop deur Alfred Eyles wie se Engelse familielandgoed Southbroom Hall was. Daar is verskeie doendinge in die omgewing naamlik diepseeduik, gholf, branderplankry en ʼn besoek aan Umtavuna-natuurreservaat. Dié reservaat beskik oor plante wat nêrens anders in die wêreld gevind word nie en het ook meer as 400 voëlspesies.

Dinvorae Southbroom (Foto: LekkeSlaap)

Hier is ’n paar verblyfopsies in Southbroom:

Days At Sea Beach Lodge | La Macha | Buccaneer Bay | Sunbirds B&B

Port Shepstone

Port Shepstone is een van die groter dorpe aan KwaZulu-Natal se Suidkus en is nie net ʼn bekende toeristebestemming nie, maar het ook verskeie trekpleisters. Dié dorp se warm waters bied eindelose doendinge aan besoekers. As jy meer oor die dorp se geskiedenis wil uitvind, is die Port Shepstone Museum die perfekte plek om by in te loer.

ET Accommodation (Foto: LekkeSlaap)

Oornag gerus in Port Shepstone by een van dié blyplekke:

507 South Coast Riviera | Banana Beach Holiday Resort | 2 Mzimayi, Mangrove Beach Estate | Thandulula Luxury Safari Tents

Scottburgh

Net 58 kilometer vanaf Durban, is Scottburgh die eerste dorp wat suid van Durban uitgesit is. Scootburgh bied ʼn gewilde karavaanpark en kampeerterrein. Boonop is daar hope doendinge in die omgewing en navrae kan aan die South Coast toerisme kantoor gerig word.

Ikhaja (Foto: LekkeSlaap)

Slaap hiér in Scottburgh:

Sea Horse 18 | Happy Times Leisure Retreat | Karlin Beach Cottage | Blue Marlin Hotel

Warner Beach

Warner Beach is ongeveer 30 kilometer vanaf Durban en dis een van die laaste kusdorpe voor die sardiens in Durban aankom ─ die sardienloop is dan amper verby! In dié lieflike dorp is branderplankry en ontspanning heel boaan die lys van doendinge. Die huise is lekker naby die strand geleë en bied asemrowende uitsigte oor die see. Die bekende Amanzimtoti is net 5 minute se ry weg en het net so baie om te sien en te doen.

Self-catering @ Algarve (Foto: LekkeSlaap)

Kom kuier in Warner Beach en oornag hiér:

Oceanbreeze 13 | Cabanas Del Mar 2  | Algarve | Barkhuizen

So, waarvoor wag jy? Beplan ’n roetereis aan die Suidkus, pak jou tas en spring in jou motor. Jy sal moet wikkel as jy nog vanjaar dié asemrowende natuurverskynsel wil gewaar!

Hierdie artikel is verskaf deur Lekkeslaap.co.za en is opgestel deur Chanté van Schalkwyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.