Toekoms roer, kom toer saam met ons

Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie (Foto verskaf)

Deur Lean Jacobs

Stel jy belang in ʼn beroep in die toerismeveld? Dalk is jy tans onseker, sonder moed of toekomsverwagting. Vra jouself: is jy ʼn vonkelstokkie of ʼn vuurpyl?

ʼn Vonkelstokkie steek ons aan en ons hou dit vir ʼn baie kort rukkie styf vas. Dit bring ʼn gevoel van opwinding en korttermyngeluk. Die gevoel van geluk is altyd kortstondig, want die vlammetjie brand gou-gou uit en verander in as en dan gooi ons dit binne sekondes weg.

ʼn Vuurpyl daarenteen word met deeglike beplanning, oordeelkundige berekeninge en met ʼn groot droom, stukkie vir stukkie aanmekaargesit. Dit word gebou om doelgerig iewers heen te gaan. Nooit geanker nie maar altyd toekomsgerig. Op pad na hoogtes wat jy nog nooit bereik het nie.

Toekoms Roer, Kom Ons Toer is jou vuurpyl!

Toerbroers is nie net kenners in die toerismebedryf nie, maar eerder horison-ontdekkers. Min mense leef ooit werklik hul droom en passie uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare se harde werk en toewyding uiteindelik die punt bereik waar hulle elke oomblik van die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.

Wil jy graag die Victoria Valle sien, ʼn luiperd vryf en diere help? Weet jy hoe ruik ʼn grondpad op ʼn someroggend? Het jy al ʼn beker koffie met ʼn vreemdeling gedeel terwyl julle die sonsopkoms bewonder? Wil jy in die aand luister na die gebrul van leeus en in verwondering staan omdat God se skepping jou toekoms bepaal? Toerbroers bied bykans 100 toere per jaar aan na plaaslike en internasionale bestemmings waar avonturiers en natuurliefhebbers eksotiese eilande, boskampe en bestemmings saam met hulle kan besoek.

Saam met ATTSA pak hulle ook nou ʼn nuwe rigting aan waar hulle vir jongmense ʼn kykie in die toerismewêreld gee. Toerisme is een van die dryfvere van die ekonomie en selfs te midde van ʼn krisis soos die Covid-19-pandemie, het hierdie bedryf nog steeds sy staal gewys. Toerisme bly ʼn bedryf waar jongmense steeds ʼn werk kan bekom en hulle drome uitleef.

Dis natuurlik belangrik om in gedagte te hou dat toerisme veel meer is as om net ʼn veldgids te wees of om gaste op ʼn wildsrit te neem. Dit sluit ook onder andere in wildsplaas- en plaasbestuur, natuurbewaring, assistentveearts, fotografie, sosiale media, gasvryheid, administrasie en vele meer.

Toekoms Roer, Kom Ons Toer bied ʼn hele aantal kursusse aan waar jongmense ʼn voorsmakie kan kry van wat toerisme behels. Die hoop is dat dit hulle belangstelling sal prikkel om in ʼn spesifieke rigting te spesialiseer. Die kursusse gaan jou die nodige kundigheid bied. Afrikaanse opleiding in die veld, in ander lande, tussen mense, diere – regte onthoutye. Andries en sy span gaan die vure hoog laat brand – jy gaan doelgerig, met ʼn toekoms, hier uit stap.

Die bekendheid van “ek weet, ek hoort en ek kan” is die rede waarom ATTSA en Toerbroers hierdie ontdekkingsreis saam aanpak. Jou toekoms in bemarking en fotografie, assistentveeartskunde, wildsplaas en plaasbestuur begin hier.

Raak opgewonde oor die toekoms!
Hiermee die pakkette wat beskikbaar is



Vir meer inligting kontak Beulah Prinsloo
Stuur ʼn e-pos aan [email protected]
Skakel 063 888 7321  of 012 111 8352
Of besoek die webwerf www.toerbroers.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.