4 wenke vir #SelfsorgSondag

(Foto: Pixabay)

Wat doen jy hierdie week met jou #SelfsorgSondag?

#SelfsorgSondag is ’n gier wat op sosialemediaplatforms soos Instagram vlamgevat het. Dit moedig mense aan om doelbewus ʼn dag van die week te neem om ʼn bietjie aandag aan hulself te gee.

#SelfsorgSondag-aktiwiteite is ʼn goeie manier om jou gemoed te lig en stres en angstigheid te verminder. Die idee is dat mense na hul geestelike, fisieke en emosionele welstand moet omsien op ʼn Sondag.

“Só ’n dag elke week leer jou om aanwesig te wees en om ʼn doelbewuste besluit te neem om jou battery te herlaai.

“Gebruik die tyd om ʼn balans te vind tussen jou werk‑ en persoonlike lewe. Vyf maande van isolasie kan baie langer voel as wat dit is; dit kan begin voel of jy by die werk woon in plaas daarvan dat dit voel of jy van die huis af werk.

“#SelfsorgSondag is ʼn manier om doelgerig jou vrye tyd op die regte manier deur te bring,” sê Claire Bowen van Shower to Shower.

Hier is ʼn paar produktiewe en gesonde aktiwiteite vir #SelfsorgSondag

  1. Digitale detoks

Die sleutel tot ʼn goeie #SelfsorgSondag is die vermoë om af te skakel. Skakel jou selfoon, televisie, iPad en selfs jou slimhorlosie af. Skakel toestelle af om jouself aan te skakel.

  1. Bring tyd buite deur

Om te gaan stap het wonderlike voordele vir jou geestelike en jou fisieke welstand en jy kom sommer ʼn bietjie uit jou daaglikse omgewing.

  1. Gee jouself ʼn hupstoot

Bad by kerslig, gebruik ʼn gesigmasker, wend jou gunstelingroom aan of stort bloot met iets wat vir jou lekker ruik. Reuke wat jy geniet, kan ʼn kalmerende uitwerking op jou gemoed hê.

  1. Gaan kuier ʼn bietjie

Selfsorg hoef nie net aktiwiteite te wees wat jy alleen aanpak nie. Maak ʼn afspraak met ʼn vriend wat jou goed laat voel. Om saam met vriende uit te gaan kan ʼn positiewe invloed op jou welstand hê, veral nadat jy so lank in isolasie was. Dit kan eensaamheid verlig en gee jou kans om weer mens te word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.