Dié ‘wonderwerk’ sproei klaarblyklik stof se grootste vyand

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Parth Shah/Unsplash)

Van al die nimmereindigende huishoudelike take is afstof heel moontlik die een waarna almal die minste uitsien.

Maar een vrou se resep vir ʼn sogenaamde selfdoen ‘wonderwerksproei’ beloof om jou oppervlaktes vir minstes twee weke stofvry te hou. Boonop is die bestanddele daarvoor heel moontlik reeds in jou spens.

TikTok-verbruiker Whitney White (@whitneykailyn) deel dikwels skoonmaakwenke asook resepte vir haar sowat 16 000 TikTik-volgelinge. Haar onlangse video en resep vir haar selfdoen stof-‘eliminerende’ sproei het egter soos ʼn veldbrand versprei en is al meer as 2,2 miljoen keer gekyk.

Dié wonderwerk middel bestaan uit een koppie water, ʼn koppie wit asyn, twee eetlepels olyfolie en 10 tot 15 druppels suurlemoen-essensiëleolie. Volgens White kan dit gebruik word om enige oppervlak te poets.

@simplecleanfit_whit

The BEST DIY dusting spray to polish & keep dust away longer! #CloseYourRings #RufflesOwnYourRidges #cleantok

♬ original sound – Chrissy Allen

“Die olies hou stof vir byna twee weke weg omdat dit ʼn beskermende laag skep,” sê sy. Volgens White ruik dié natuurlike middel boonop heerlik danksy die suurlemoegeur. Diegene wat egter nie hou van essensiële olies nie kan dit uitlaat.

Sy benadruk ook dat daar nie meer as twee eetlepels olyfolie gebruik moet word nie en stel voor dat die middel met ʼn klam mikrovesellap aangewend moet word. Sodoende word olierige oorblyfsels vermy en stof deeglik opgevang.

Hoewel baie kykers erken het dat hul aanvanklik skepties oor die middel se doeltreffendheid was, veral omdat dit olyfolie bevat, het die video talle positiewe kommentaar van mense wat dit getoets het, ontvang.

Een persoon het geskryf dat die sproei “so goed werk dat ek ʼn week skaars enige stof gesien het.” ʼn Ander het geskerts dat White die oplossing moet laat patenteer.

White is egter een van duisende “TikTokkers” wat selfdoen skoonmaakmiddels en wenke deel.

Ene Chantal Mila (@mama_mila), ook ʼn selfdoen- beïnvloeder, gebruik ʼn koppie warm water, ʼn kwart koppie wit asyn en twee eetlepels vanielje-ekstrak as ʼn doeltreffende yskassproei wat help om onaangename reuke te elimineer.

@mama_mila_

The DIY fridge spray you wish you tried sooner ???? #diy #kitchenhacks #fridgerestock

♬ Something Got Between Us – The Jungle Giants

TikTok-gebruiker @allisonscleanin, wat meer as een 1 miljoen volgelinge het, het ook ʼn natuurlike oplossing wat sorg dat haar mikrogolfoond in ʼn japtrap sprankelend is.

Sy vul ʼn bak met water, 50 ml wit asyn en ʼn halwe opgesnyde suurlemoen en plaas dit dan vir vier tot vyf minute in die mikrogolfoond op hoë hitte om taai vlekke te versag. Daarna los sy dit bak vir nóg vyf minute in die oond en vee dan die binnekant met ‘n droë lap af.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.