Grimering: Van kantoor na skemerkelkies

Foto ter illustrasie (Foto: Pixabay)

Meeste vroue het tydens die Covid-19-pandemie van die huis af gewerk en boonop minder of geen grimering gedra nie. Noudat die land weer op vlak 2 is en ons dus terugkeer kantoor toe, beteken dit dat sosiale geleenthede ook begin toeneem.

Annelize Campher, ʼn voltydse persoonlike assistent vir die skoonheidsghoeroe Hannon Bothma en ʼn grimeerkunstenaar, wys hoe maklik dit is om jou daggrimering in ʼn oogwink op te knap vir die aand.

Jy het die volgende grimeermiddels nodig:

  • donkerbruin of swart oogskadu
  • blink oogskadu
  • swart oogpotlood
  • wimpers (opsioneel)
  • sterk lipstiffie of lipglans
  • los poeier
  • grimeerverseëlaar

In hierdie video wys Annelize jou stap-vir-stap hoe om jou grimering op te knap:

Annelize se onderneming staan bekend as Makeup by Annelize. Volg haar op sosialemediaplatforms vir nog onderrigvideo’s met grimeertegnieke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.