Handwerk: Doen-dit-self gesigmaskers

Jy kan hier sien hoe om’n gesigmasker self van materiaal te maak. (Foto: Verskaf.)

Daar is geen twyfel dat gesigmaskers die volgende paar maande deel gaan wees van ons daaglikse uitrusting nie.

’n Tuisgemaakte materiaalmasker moet verkieslik met minstens twee lae 100%-katoen gemaak word. Indien jy nie katoenmateriaal het nie, sal ’n ou laken of T-hemp ook perfek hiervoor werk.

Maroela-lesers kan met hierdie eenvoudige patroon en aanwysings sommer self maskers maak vir die hele gesin. Laai ’n PDF-dokument van die patroon hier af.

Materiaalmasker:

Jy benodig:

  • Katoenmateriaal vir binnekant
  • Katoenmateriaal vir buitekant
  • 2 x 15 cm rek

Patroon vir ‘n gemaakte gesigmasker met drie verskillende groottes. (Foto: Verskaf.)

Die patroon is geskik vir mans (soliede lyn), vrouens (stippel lyn) en kinders (kolletjies lyn).

Maak so:

  1. Knip 2 stroke materiaal vir die binnekant en 2 stroke vir die buitekant uit.

(Foto: Verskaf.)

2. Stik die 2 binnekante en 2 buitekante onderskeidelik op die rondings (soos op die foto).

(Foto: Verskaf.)

3. Plaas die regte kante van albei gestikte stroke teen mekaar en stik vas, los oop aan weerskante.

4. Dop die masker om sodat die regte kant na buite wys.

(Foto: Verskaf.)

5. Stik reg rondom (asook die rekkies) vas.

(Foto: Verskaf.)

Maroela het ook ’n alternatief vir iemand wat nie ’n naaldwerkster is nie.

Jy kan ook jou eie masker vou. (Foto: Verskaf.)

Bandanamasker:

  1. Vou die bandana oop.
  2. Vou 2 kante na binne.
  3. Vou weer gevoude 2 kante na binne.
  4. Sit rekkies weerskante en vou die buitekante na binne.
  5. Plaas masker op gesig en rekkies om die ore.

Wil jy op die hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

San 7 ·

Wens net materiaal winkels wil oopmaak dat ek masker kan maak. Party mense vra n plaas se prys vir dit. Een plek vra R175 vir 1. Wil vinnig ryk word

Anel ·

Al gedink dat daar mense is wat alergies is vir katoen? Wat maak die wat nie maskers kan beskostig nie? Gaan ons van maskers voorsien word? Ek glo nie dat die dra van die goed in elke geval so ‘n groot verskil gaan maak nie. Net weer geldmaak storie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.