Handwerk: Giet en geniet vir Paasfees

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif)

Vanjaar is daar geen verskonings om nie pragtige tafelversierings pasgemaak vir Paasfees te hê nie. Ons hou die Paasversierings eenvoudig met ʼn prettige kinkel in die vorm van blomme en hope hasies.

Jy kan jou eie hasie-paaseiers maak of ʼn mooi blommekrans waarmee jy jou Paastafel kan versier. Verander jou vaal gekoopte keramiekhase in unieke blomvase en omskep jou ou eierboksies in die mooiste kershouers.

Moenie van jou eierdoppe ontslae raak nie want ons wys jou hoe om die doppe as gietvorm te gebruik om beeldskone eiervormige versierings vol blomme te maak.

Verder wys ons jou hoe om vinnig ʼn gietvorm te maak waarmee jy jou gunstelingbord kan kopieer om dit as ʼn drupmatjie of onderbord te gebruik.

Idees het hierdie reeks van projekte vir Paasfees spesiaal aan Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Maart/April 2020-uitgawe verskyn.

Vul die vorm hieronder in om die projek in jou e-posbus te ontvang:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.