Handwerk: Hekel jou eie Kersversierings

Foto: Met vergunning van die Idees-tydskrif.

Gee jou Kersversierings hierdie jaar ʼn unieke en nostalgiese gevoel met ʼn paar oulike handwerk-projekte wat jou nie ʼn hoop geld sal kos nie en jou huis in ʼn japtrap sal opvrolik vir die feesgety.

As jy nou al wegspring met jou jolige, gehekelde Kersballe, kan jy ʼn vertrek, tafel of jou Kersboom sommer gou met die allermooiste handgemaakte versierings mooimaak.

Hierdie maklike Kersballe neem elkeen ongeveer ʼn uur om te hekel en jy kan dit in die kleure van jou keuse doen om by die res van vanjaar se Kersdekor te pas.

Die aanwysings is spesiaal deur Idees-tydskrif aan Maroela Media-lesers beskikbaar gestel. Die patrone het oorspronklik in Idees se November/Desember 2018-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.