Handwerk: Hierdie vilt-geskenkkaartjies is te dierbaar

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Maak jou geskenke ekstra besonders deur jou eie diertjiekaartjies uit vilt te maak.

Die internet is jou beste maatjie hier. Tik net “Christmas animal templates” en “bauble templates” in en jy sal letterlik honderde patrone te kies en te keur kry. Of anders kan jy Idees se patrone gebruik wat ons vir jou sal aanstuur as jy jou besonderhede in die inskrywingvorm hieronder verskaf.

Hierdie projek is maklik en jy kan sommer ʼn hele paar kaartjies in ʼn dag of wat klaarmaak.

Wenk: Gebruik die kaartjies as Kersboomversierings. Plak net ʼn stukkie borduurgare in ʼn lusvorm aan die agterkant vas om dit aan jou boom te hang.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se November/Desember 2019-uitgawe verskyn.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.