Handwerk: Hy wen goud!

‘n Mooi en unieke planthouer vir jou huis. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Met die winter wat sy koue kombers al weke lank oor ons gooi en die ryp wat jou grasperk se groen steel, is dit maar ʼn vaal prentjie wat jou begroet wanneer jy by die venster uitloer.

Dit is nou die ideale tyd om jou tuin na binne te bring! Binnenshuise plante gee jou huis ʼn vars en vrolike voorkoms, is maklik om te onderhou en is nie uitgelewer aan die genadeloosheid van die temperature buite nie.

En dit is geensins nodig om baie geld te bestee op unieke en mooi planthouers nie. Met net ʼn veeg verf en ʼn titsel bladgoud maak jy sommer in ʼn japtrap van ʼn baksteen ʼn planthouer – én die middelpunt van aandag.

Dié aanwysings is spesiaal deur Idees-tydskrif beskikbaar gestel aan Maroela Media-lesers. Die patrone het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.