Gebruik houtsneetegnieke om ʼn patroon op ʼn koekroller te kerf wat jy met verf oor ou joernaalblaaie kan rol.
Houtsneewerk is nog een van die ou kunsvorms wat in ons gejaagde moderne lewe herleef. Dit maak jou rustig en nadenkend om stadig, maar seker iets moois uit hout te kerf.
Hierdie projek is redelik moeilik en jy kan dit met geduld oor ʼn naweek voltooi.
Moenie bekommerd wees as jou kerfwerk nie perfek is nie, of as ʼn stukkie van die hout afbreek nie, die handgemaakte voorkoms is wat dit juis so mooi maak.
Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Januarie/Februarie 2020-uitgawe verskyn.
Vul die vorm hieronder in om die projek in jou e-posbus te ontvang: