Handwerk: Knus vir koel oggende

ʼn Gebreide skouerjakkie ideaal vir daardie vroegoggend- en laataand-koue. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Die winterkoue is aan die wegkwyn en lente is in die vooruitsig, maar dit is nog nie heeltemal tyd om die sonrokkies en sandale uit die kas te haal nie.

Hierdie gebreide skouerjakkie is ideaal vir daardie vroegoggend- en laataand-koue wat nog in die lug hang en ietsie warms vereis. Trek ʼn ligte katoenhempie onder aan wanneer jy net die ergste byt in die lug wil afweer, of ʼn warmer trui indien dit ʼn koue dag is.

Die skouerjakkie kan gemaklik deur die dag aan- of uitgetrek word na gelang van die weer en dit is maklik om die grootte te verander as jy ʼn losser of knusser jakkie verkies.

Wol in ʼn praktiese en meer neutrale kleur sal verseker dat jy die skouerjakkie by die meeste uitrustings kan dra, of jy kan ʼn modieuse kleur kies indien jy eerder die oog wil vang.

Die patroon vir die gebreide skouerjakkie is spesiaal deur Idees-tydskrif aan Maroela Media-lesers beskikbaar gestel. Die patrone het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings en patrone in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dorothy ·

Maroela Media, Baie Dankie vir die Brei Patroon. Stuur nog ASB! Sal Waardeer!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.