Handwerk: ’n Borsspeld van Maja die by

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif)

Maak hierdie vrolike bytjie wat jy as ʼn borsspeld kan dra.

Borsspelde is nou weer besonder gewild. Dit is aanvanklik gebruik om klere aan mekaar vas te hou of ʼn beter passing van ʼn kledingstuk te verskaf. ʼn Borsspeld is ook tradisioneel aan die linkerkant gedra – dit is as die gesofistikeerde en regte manier beskou.

Deesdae kan ʼn mens natuurlik die reëls ʼn bietjie buig, maar onthou ʼn borsspeld moet steeds noukeurig geplaas word. Dra dit op jou baadjies of jasse se lapel, kraag of in die middel van jou bloes se neklyn. Borsspelde kan ook weer lewe in ʼn ou hoed blaas, of dra dit sommer net so as ʼn bykomstigheid in jou hare.

Millennial Me gee nog ʼn paar wenke hoe om jou gunsteling-borsspeld te dra:

  • Hoe meer ingewikkeld en uniek die ontwerp van jou borsspeld, hoe meer opvallend sal dit wees.
  • Maak seker die materiaal van jou uitrusting is sterk genoeg om die gewig van jou borsspeld te dra.
  • ʼn Borsspeld staan uit wanneer dit ʼn kontras met jou kledingstuk as agtergrond skep. Helderkleurige kledingstukke pas die beste by swart of donkerkleurige borsspelde. Silwer- of diamant-borsspelde pas ook goed by ʼn swart of donkerkleurige kledingstuk. Onthou hierdie eenvoudige reël as jy jou borsspeld wil beklemtoon.
  • Eksperimenteer met jou ou borsspelde en vind nuwe en ongewone maniere om dit te dra.
  • Kombineer verskeie temas van borsspelde saam in ʼn groep.

As jy nog nie jou eie borsspeld het nie, is hierdie projek net die plek om te begin. Dit is ʼn heerlike mengsel van krale- en borduurwerk en kan in ʼn naweek voltooi word.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Maart/April 2020-uitgawe verskyn.

Vul die vorm hieronder in om die projek in jou e-posbus te ontvang:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.