Miskien is 2021 net die regte jaar vir jou om ʼn paar uitsonderlike handwerkprojekte aan te pak.
Idees-tydskrif het patrone vir ʼn gehekelde droomvanger en macramé-kussing verskaf. Albei die handwerkprojekte is nou weer hoogmode en sal enige naaldwerkers se kriewelrige selfdoen-vingers tydens die vakansie kan besig hou.
Die Amerikaanse Indiane het natuurlik geglo droomvangers sal jou soet drome besorg, en as dit dalk nie gebeur nie sal jy minstens heerlik kan rus op jou eie pragtige macramé-kussing.
Die droomvanger is redelik maklik om te maak en kan in ʼn dag voltooi word, terwyl die kussing in twee dae se tyd klaargemaak kan word.
Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Maart/April 2019-uitgawe verskyn.