Handwerk: ’n Gehekelde top vir ’n Boho-somer

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Boho is ʼn term wat deesdae gebruik word om ʼn styl te beskryf wat as onkonvensioneel en kunstig beskou word, maar kom ons delf ʼn bietjie dieper in die ontstaan van die woord om die Boheemse styl beter te verstaan.

Wat beteken boho regtig? Wel volgens The Spruce is dit die verkorte weergawe van die Franse woord “bohémien” en verwys na die sigeuners, ʼn groep mense wat van Bohemia in die Tsjeggiese Republiek kom. Die woord het later ontwikkel om enige kunstenaar, skrywer, akteur of musikant wat dikwels ʼn arm nomadiese leefstyl lei, in te sluit. Later het die boho-kultuur in die Greenwich in New York in die 50’s uitgeslaan, wat ook as die sogenaamde “beat”-generasie van die era bekendgestaan het. Dié mense was die voorlopers van die hippie-kultuur van die 60’s en 70’s en dit is waarom hierdie styl ook met dié era geassosieer word.

Boheems is deesdae meer ʼn soort byvoeglike naamwoord wat dui op die estetiese invloed van die vrye tydgees van vroeër geslagte.

Maak vir jou ʼn maklike gehekelde top om te pas by die boho-styl, net betyds vir die nuwe seisoen om die gees van die woord boheems te vier.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se September/Oktober 2019-uitgawe verskyn.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.