Handwerk: ’n Houer vir jou borduurgare

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Hierdie is ʼn regte klein juweeltjie en jy kan dit vir jouself maak, of as ʼn geskenk om vir altyd te hou.

Sit die boek so aan mekaar:

Gebruik ʼn lessenaarpons en maak twee gaatjies aan die linkerkant van elke bladsy en die twee omslagkartonne. Sit die blaaie tussen die kartonne in, ryg die lint deur die gaatjies en knoop dit in ʼn strik aan die agterkant vas.

Jy kan die boek verstel deur die strik stywer of losser te maak. Trek laastens die omslag oor.

Jou borduurgareboek is gereed!

(Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se Januarie/Februarie 2020-uitgawe verskyn.

Vul die vorm hieronder in om die projek in jou e-posbus te ontvang:

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

VannieBaai ·

Baie oulike idee! Ek wonder hoeveel dames (en dalk mans???) bemeester nog die kuns van handborduurwerk asook Kerspitwerk soos ons Oumas dit gedoen het. Ek is mal vir handborduurwerk en ek doen papierborduurwerk ook op die handgemaakte kaartjies wat ek maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.