Handwerk: ’n Inkopiesak met styl

Jy kan prettige kleure kies vir jou sak en die breë bande maak dit gemaklik om te dra. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Met die kollig ál meer op die nadelige uitwerking van plastieksakke op die omgewing, het baie verbruikers nou al voltyds na herbruikbare sakke oorgeskakel om hul kruideniersware mee motor toe te dra.

Lapsakke is nie net meer omgewingsvriendelik nie, dit is sterker en minder geneig om te skeur, beslis mooier as die onooglike plastieksakke, en op lang termyn spaar jy sommer ook geld. As jy egter nog dikwels by die kasregister opdok vir daardie lastige plastieksakke, is hierdie pragtige gehekelde winkelsak dalk net die antwoord.

Jy kan prettige kleure kies vir jou sak en die breë bande maak dit gemaklik om te dra. Boonop kan jy dit sommer in die was gooi as dit vuil raak.

Dié patroon vir die gehekelde winkelsak is spesiaal deur Idees-tydskrif aan Maroela Media-lesers beskikbaar gestel. Die patroon het oorspronklik in Idees se September/Oktober 2018-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede in om die aanwysings en patrone in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.