Handwerk: Sien die lig met jou eie Delft-lampskerm

Foto: Met vergunning van die Idees-tydskrif.

Met sy mooi graghuisies, blou-en-wit Delftpatrone en herinneringe aan die ou meesters bars Amsterdam uit sy nate met inspirasie vir handwerkprojekte.

Gebruik hierdie inspirasie en maak dié naweek jou eie Delft-lampskerm met ʼn plastiektregter met teëlprentjies, ʼn bietjie wit verf, houtgom en bladgoud.

Indien jy nie twee uur tot jou beskikking het om ʼn lampskerm te maak nie, kan jy jou eie besonderse blou-en-wit borde met ʼn Nederlandse inspirasietema maak vir ʼn spesiale tafel- of muurversiering. Gebruik blik-, papier- of porseleinborde na gelang van wat jy met die versiering wil doen.

So gee jy nie net jou lampie ʼn splinternuwe voorkoms nie, maar kikker ook sommer ʼn hele kamer se voorkoms vinnig op.

Die aanwysings is spesiaal deur Idees-tydskrif aan Maroela Media-lesers beskikbaar gestel. Die patrone het oorspronklik in Idees se September/Oktober-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.