Handwerk: Sit jou hoed op

Maak jou eie ‘n pragtige wyerandhoed met ‘n bypassende lint van jou keuse. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Met die somer net om die draai en eindelose sonskyndae wat nou begin wink, is hierdie pragtige wyerandhoed die perfekte handwerkprojek om hierdie naweek aan te pak.

Die hoed sou beslis die goedkeuring van ʼn tydlose stylikoon soos die filmster Audrey Hepburn wegdra. Sy het altyd ʼn fyn oog vir klassieke style gehad, maar het kanse gewaag met proporsie, patrone, kleur en snitte. Boonop was sy lief daarvoor om wit en swart bymekaar te pas.

Behalwe dat dit jou gesig teen die son beskerm, maak niks anders so ʼn stelling soos ʼn mooi hoed nie. En dié een is beslis die moeite werd om te maak.

Die aanwysings is spesiaal deur Idees-tydskrif aan Maroela Media-lesers beskikbaar gestel. Die patrone het oorspronklik in Idees se September/Oktober-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.