Handwerk: Slaap sag

Hierdie droommooi kwilt, warm pantoffels en donssagte nagrok sal jou snoesig hou gedurende die koue wintermaande. (Foto’s: Met vergunning verskaf deur Idees.)

Die winter het behoorlik in ons huise ingekruip en die meeste van ons verkies om nou binnenshuis te verkeer met ʼn warm kaggel en lekker koppie boeretroos.

Nou is sommer die ideale tyd om tyd by jou handwerktafel te bestee en lekker kreatief te raak. Hierdie droommooi kwilt, warm pantoffels en donssagte nagrok sal jou snoesig hou gedurende die koue wintermaande.

Die patrone vir die kwilt met kussing-oortreksels, pantoffels en nagrok is spesiaal deur Idees-tydskrif beskikbaar gestel aan Maroela Media-lesers. Die patrone het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings en patrone in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.