Handwerk: Vou jou Kersgeskenke toe in gestempelde of fynbospapier

Gestempelde papier. (Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Hierdie geskenkpapier is so besonders dat dit nie sommer vinnig in die asblik sal beland nie.

Linosnee-stempels is ʼn wonderlike manier om van gewone papier stylvolle geskenkpapier te maak. Die projek is ook nie te moeilik nie en dit behoort jou ʼn uur te neem om jou stempel te voltooi en met die drukwerk te begin.

Wenk: Speel rond met die plasing van die blom op die papier en gebruik ander blomstempels daarmee saam. Nog ʼn idee is om ʼn blom in ʼn soortgelyke vorm op die papier te verf en dan bo-oor dit te stempel.

Maak jou eie fynbospapier. (Foto: Met vergunning van Idees-tydskrif.)

Jy kan ook jou eie botaniese papier maak en dit gebruik om klein geskenkboksies of geskenkkaartjies van te maak. Span jou voedselverwerker in om die papier te verpulp – dit maak alles sommer baie makliker.

Die projek se moeilikheidsgraad is gemiddeld en dit behoort jou ʼn halfuur te neem om die papier te maak, maar jy sal nog tyd benodig om jou papier ordentlik te laat droog word.

Nog ’n wenk: Hierdie papier kan ook in albei gevalle gebruik word om boeke vir die nuwe skooljaar oor te trek.

Idees het dié projek spesiaal vir Maroela Media se lesers beskikbaar gestel. Die artikel het oorspronklik in Idees se November/Desember 2019-uitgawe verskyn.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.