Handwerk: Wollerig en warm

‘n Snoesige gehekelde sjaal is stylvol én gemaklik. (Foto: Met vergunning verskaf deur Idees)

Die derde seisoen van die dramareeks Outlander is in 2017 in en om Kaapstad verfilm en dit is juis dié reeks wat die inspirasie vir hierdie hekelpatroon is.

Die reeks, gebaseer op Diana Gabaldon se gelyknamige historiese boekreeks, speel af in die 18e eeu in Skotland en is volop lieflike wolgoed wat enige ywerige hekelaar na die naalde sal laat gryp. Dié gehekelde sjaal is nie net snoesig warm nie, maar ook stylvol en gemaklik.

Jy kan ook enige kleur kies wat by jou gelaat en jou klerekas pas – veral mosterdgeel, wynrooi, navyblou en roesbruin is dié seisoen baie gewild.

Die patroon vir die gehekelde sjaal is spesiaal deur Idees-tydskrif beskikbaar gestel aan Maroela Media-lesers. Die patrone het oorspronklik in Idees se Julie/Augustus 2017-uitgawe verskyn.

Vul jou besonderhede hier in om die aanwysings en patrone in PDF-formaat te ontvang.

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agie ·

Geniet die lang Winteraande met die hekelpen en die item maak my skoot lekker warm. Dis welkome geskenke wat uniek is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.