Kry jou cholesterol onder beheer met dié wenke

(Foto: Pixabay)

Hoë cholesterolvlakke is iets waarmee baie Suid-Afrikaners sukkel, en terwyl almal cholesterol in hul bloed het, is dit juis as daar te véél daarvan is, wanneer dit gevaarlik raak en kan lei tot ʼn hartaanval of ʼn beroerte.

Dr Bianca van der Westhuizen van die Hart- en Beroertestigting van Suid-Afrika sê daar is wel leefstylveranderinge wat ’n mens kan maak om die gevare van cholesterol te voorkom. Volg dié vyf wenke om jou cholesterolvlakke te beheer.

1. “Deur gesonde eetgewoontes te volg kan mense hul cholesterolvlakke onder beheer hou. Dié riglyne is eenvoudig: eet baie veselryke produkte soos hawermout en groente, volgrane, bone en peulgroente. Dit help nie net om jou slegte cholesterol te verlaag nie, maar verhinder ook die herabsorpsie van cholesterol in die spysverteringskanaal,” het sy gesê.

Van der Westhuizen het ook gesê jy moet jou rooivleisinname en hoeveelheid vette in jou dieet beperk.

2. Probeer om minder rooivleis te eet, verkieslik nie meer as twee keer ’n week nie. Eiers (sowat 7 per week) is ook aanvaarbaar, tensy cholesterolvlakke onbeheerd is. Daar is nog ’n vraagteken oor die invloed van suiwel op cholesterolvlakke, maar vir nou wys navorsing dat la er vet-opsies steeds die veiligste is.”

3. “Verander die tipe vette wat jy eet en kies eerder mono-onversadigevette (soos dié in avokado’s, amandels, grondbone, olyfolie en ander plantolies) en poli-onversadigdevette (ook in meeste neute, sade en vis soos snoek, makriel en sardyne) bo versadigde vette,” het Van der Westhuizen gesê.

4. Oefeninge kan ook bydra daartoe om jou cholesterolvlakke onder beheer te bring.

“Oefening, veral weerstandsoefeninge (byvoorbeeld met gewigte of jou eie liggaamsgewig soos hurksitte en opstote), is goed vir cholesterolverlaging,” het Van der Westhuizen gesê.

Deur hierdie gesonder leefstylveranderinge te volg sal jy ook gewig verloor, wat ’n verdere verlagingseffek op jou cholesterolvlakke sal hê. Vir meer inligting, besoek die stigting se webblad hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

My cholesterol het aansienlik gedaal vandat ek koolhidrate uitgeskakel het. Ek eet meer rooivleis en baie vet. Het ook aansienlik gewig verloor.

Daan ·

Drink baie volroom melk, proewe wat vroeg in die sewentigs gedoen het, jet dit bewys dat dit Cholestrol afbreek. Ek doen dit en dokters kan nie glo my telling is so laag nie.

Linda van Mosselbaai ·

Ai dit gaan maar sukkel sukkel – ek drink nie melk nie – eet ook nie advokado pere nie – maar KAAS is so lekker …………….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.