’n Paar oulike idees vir Kersgeskenke

Kersfees is om die draai, maar baie van ons het steeds nog nie Kersgeskenke gekoop nie en hoe meer jy “Jingle Bells” in die winkels hoor, hoe angstiger raak ons daaroor.

Maar moenie bekommerd wees nie, ons is hier om jou Kersfees-inkopies vanjaar makliker te maak – voordat dit te laat is.

Hier is ʼn paar oulike idees vir Kersgeskenke vir die kosliefhebber, die reisiger, die dekor-entoesias en die tegnologie-foendi in jou familie. Boonop is al hierdie geskenke ook van plaaslike verskaffers, wat beteken jy sal die Suid-Afrikaanse ekonomie in die proses aanhelp na ʼn moeilike jaar.

Grimeringsakkie

Grimeringsakkie van Lou Harvey

Ingelegde vye

Skootrekenaarsak

Harde skootrekenaarsak van Thule

Pikante knoopring

Pikante knoopring van Black Betty

Kamerparfuum

Kamerparfuum van Lundie & Crowe by Volpes

Whiskey

Paddy whiskey

Keramiekbak

Keramiekbak van Volpes

Olywe

Olywe van O is for Olive

Oorbelle

Oorblelle van The Makery

Reisigersakkie

Reisigersakkie van Thule

Deftige kershouers

Deftige kershouers van Volpes

Jenewer

Drumshanbo jenewer

Kleurvolle drasak

Kleurvolle drasak van Lou Harvey

Halssnoer

Halssnoer van The Makery

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

VannieBaai ·

Geen tradisionele Kersfees vir ons hiérdie jaar nie. Werkloosheid en onsekerheid seëvier in ons huis en ek is seker baie ander mense s’n ook. Het nie eens Kersboom opgeslaan nie. Die gemoedstemming is te donker. Dankie vir die idees.

Pierre ·

Stem 100% saam, slaan maar die ou boompie op dit verlig tog die gemoed

Willem ·

Moenie die gemoed donker maak nie. Met al die genade wat ons almal elke dag ontvang moet ons skyn en helder wees laat ander kan sien ons is kinders van die liewe Heer

Wanda ·

Gelukkig vier ons nie kersdag nie, dis net n pagan festival.Haat die tyd en van jaar, almal soek net

Jax ·

Dit is alles goed wat baie geld kos. Mense het nie diep sakke nie. My advies sou eerder wees om iets wat handgemaak is deur jouself of vanaf n tuisnywerheid. Dis te sê as dit hoegenaamd nodig is vir geskenke. Ons is immers mekaar se geskenke. Dis nie die geskenk wat n verskil maak nie. Dis ons saam wees wat tel!

Elmarie ·

Ek lief die tyd van die jaar en ek wens party wil regtig lees die geskiedenis van Kersfees, onlangse artikel in Maroela. Niks met “pagan” te doene en dis wat jý daarvan maak. Vir my is dit ‘n tyd om te gee – aandag en liefde vir my familie en saamkuier met enige kos, hoef nie duur of uitspattig te wees nie. Ons gee nie vir mekaar geskenke nie, ek het ek deur die jaar bymekaar gemaak vir minderbevoorregtes. Ag sit maar die ou boompie op en knyp ‘n sent of twee vir ‘n lekkertjie vir die kinders minstens. Die groen boom is lewe want Hy het sy lewe afgelê vir ons. Die ster bo-aan, verpersoonlik die ster wat skaapwagters na die stal gelei het. Die liggies want Hy is die ewige Lig. Geskenkies hoe klein ookal verteenwoordig die geskenke wat die wyse manne uit die Ooste gebring het

Melanie ·

Na my oupa en ouma se dood, was kersfees net nooit meer dieselfde nie.. Die boodskap is onveranderd, maar die passie het ook uitgesterf. Nou het ek en my gesin ons eie tradisie begin… Kiddies kry ietsie met die wete dat dit net n presentjie is omdat hul die jaar so hard gewerk het vir n goeie raport, maar ons bid daai dag spesiaal vir Jesus en dank hom vir al sy geskenkies elke dag deur die jaar aan ons. Dan eet ons n feesmaal, want dit word nie net vir ons voorberei nie… Na ete stuur ek n whatsapp vir ons dorps groepie en hoor wie het nie geeet nie, dan pak ons met dankbaarheid kos pakkies en neem dit vir die mensies.. daar is soveel behoefte.. ek wil vra dat almal hul kospotte se oorskiet deel met die wat nie het nie, daai blydskap is die grootste kersgeskenk… en daai dankbaarheid in die ouers se oe as hul kinders van oor tot oor glimlag…. Dis is n geskenk …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.