Selfdoenprojek: Herwin ʼn paar blikkies en maak die mooiste vase

Foto: Life is a garden.

Life is Garden geniet herwinning amper net soveel as tuinmaak en daarom daag ons jou uit om hierdie selfdoenprojek aan te pak waar jy blikkies omskep in omgewingsvriendelike, kreatiewe dekor vir jou tuin.

Hier is ʼn stap-vir-stap-verduideliking om jou herwinningsmeesterstuk te skep:

Jy benodig:

  • ʼn Paar leë gewaste blikke met ʼn paar gate in die bodem.
  • Toue en linte – jy kan tou van natuurlike vesel of gekleurde tou gebruik.
  • ʼn Handvol klippies – gekoop of uit die tuin.
  • Mos – regte mos is by jou naaste GCA-tuinsentrum beskikbaar of besoek jou plaaslike handwerkwinkel vir nagemaakte mosvelle.
  • Kuns- en kunsvlyt-bykomstighede wat in jou huis rondlê.
  • Sterk gom en ʼn alkant-kleefband.

Nou begin die versier werk:

  1. Begin deur te besluit of jy jou versierde blikkies binnen- of buitenshuis gaan gebruik om vas te stel watter bykomstighede en versierings die beste vir jou projek sal werk.
  2. Besluit oor ʼn kleurskema en tema vir die ruimte waar jy die blikkies wil gebruik.
  3. Gebruik die gom en kleefband om jou tou of lint om die blikkie vas te maak.
  4. As jy klippies of selfs skulpies op jou blikkies gebruik, sal jy dit ook met die gom moet vasplak.
  5. Onthou om ʼn bietjie tekstuur by jou blik te voeg deur nog ʼn ander tou of lint by te voeg. Dit sal ook help om die ontwerp op die verskillende blikkies te herhaal.

Dekorwenk: Jy kan altyd die een helfte van die blikke op een manier versier en die res van die blikke met ander bykomstighede. Probeer byvoorbeeld om die basis van die blikkie met klippies of skulpe te versier en die boonste helfte met mos of tou. Dit verskaf bykomende tekstuur en jy kry sommer bonuspunte vir kreatiwiteit.

Foto: Life is a garden.

Kies jou plante:

Vir binnenshuis kan jy die volgende plante gebruik:

  1. Die ZZ-plant (Zamioculcas zamiifolia) kan maklik versorg word. Die plant verdra ook lae lig en vergewe ʼn bietjie verwaarlosing maklik.
  2. Vriesea variëteite is ʼn uitstekende keuse as jy op soek is na ʼn plant met kleur, interessante blare en tekstuur

Vir plante buite kan jy die volgende oorweeg:

  1. Groot wilde irisse (Dietes grandiflora) is ʼn lieflike blomkeuse vir ʼn plek op ʼn patio met son of halfskadu.
  2. Die fynblaarrooihout (Ochna serrulata) is ʼn bekoorlike keuse vir die blikkievase en sal in die son of halfskadu op jou stoep floreer.

Onthou jy kan altyd jou eie skeppings van hierdie projek met Life is a Garden se gemeenskap op Facebook of Instagram deel. Besoek www.lifeisagarden.co.za vir meer wenke en inligting oor tuinbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.