Sgraffito: Skep ’n tikkie betowering met klei

Sgraffito beteken in Italiaans om weg te krap en is ʼn dekoratiewe tegniek. Foto: Verskaf.

Deur Cáy Momberg

Die term sgraffito [skrah-fee-toh; Italiaans zgrahf-fee-taw] beteken in Italiaans om weg te krap, dis ʼn dekoratiewe tegniek waar die boonste glasuurlaag van ʼn ongebakte leerharde kleioppervlak weggekrap word en die wit kleur van die klei dan die kontrasteerde patroon weergee.

Jy benodig:

  • 1 leerharde, ongebakte keramiekvorm, byvoorbeeld handgemaakte bakkies van klei.
  • Groot, sagte verfkwas vir skoonmaak.
  • Medium verfkwas vir aanwending van onderglasuur.
  • Swart onderglasuur.
  • En/of verskillende kleure onderglasuurEnige skerp metaalpen, soos vir houtsnee of ʼn sgraffitopen om mee te krap.

So maak jy:

Foto: Verskaf.

1. Kies die regte tipe klei. Sagte, fyn wit klei werk die beste. Growwe grogklei laat nie ‘n gladde oppervlak toe om af te krap nie.

Besluit nou op die vorm wat jy wil skep: ‘n bord, ʼn bak of ʼn beker. Indien dit die eerste keer dat jy sgraffito doen, stel ek voor dat jy ‘n plat voorwerp soos ‘n klein teël of bordjie maak. Nadat jou kleivorm geskep is, laat dit droog word tot leerharde stadium. (Sorg dat die kleivorm nie te sag of droog is nie, maar hard genoeg is om vorm te hou wanneer druk toegepas word en maklik om uit te kerf.)

Foto: Verskaf.

2. Sorg dat jou bordjie stofvry is deur dit met ʼn sagte verfkwas skoon te vee.

Foto: Verskaf.

3. Wend 3 tot 4 lae swart onderglasuur op jou kleibordjie aan. Plaas dit eenkant en laat dit goed droog word.

Foto: Verskaf.

4. Indien jy nie gemaklik voel met vryhand-sketse nie, gebruik ʼn HB-potlood en deurslagpapier om jou ontwerp op die klei af te trek.

Foto: Verskaf.

5. Wees kreatief en begin deur die swart onderglasuur af te krap met jou skerp metaalgereedskap om jou swart-en-wit-ontwerp sigbaar te maak. Wees versigtig om nie te hard te druk nie, omrede die klei nog nie gebak is nie.

Foto: Verskaf.

6. Gekleurde onderglasuur kan ook plek-plek met ʼn klein, skoon verfkwas op die afgekrapte wit klei aangewend word vir ʼn meer kleurvolle en interessante ontwerp.

Foto: Verskaf.

7. Gebruik die sagte verfkwas om alle skraapsels te verwyder sonder om jou ontwerp te beskadig.

8. Wees geduldig – dit neem tyd (afhangend van jou ontwerp). Wanneer jou ontwerp voltooi is, laat jou bordjie goed droog word sodat dit gereed is vir die eerste bak in ʼn droogoond (kiln). Was al jou toerusting met seep en water.

9. Ná die eerste bak, kan jy deursigtige glasuur aanwend en weer bak. Die keuse is joune. En indien jy nie oor jou eie droogoond beskik nie, kan jy dit laat by ʼn pottebakker in jou omgewig laat bak.

Besoek Cáy Momberg se Facebook-blad vir nog projekte en kuns.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marlene ·

Dit is nou rerig n mooi ietsie om self te doen.baie dankie vir die mooi artikel

Daphne Smit Art ·

Ek is baie beindruk. Hoop ons sal meer sulke kreatiewe artikels sien. Ek is mal oor al die werke. Dis regtig mooi. Ek glo dis baie ontspannend om te doen. Kan nie wag vir die volgende artikel nie. Baie dankie

Lena ·

Dankie vir hierdie idees vir jou huis sal jul asseblief meer hande gemaakte idees in die maroela plaas asb dit is so mooi????????????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.