Só help jy jou kat met ongewensde haarballe

(Foto verskaf deur Hill’s)

ʼn Slegte haredag?

Daar bestaan geen twyfel nie – haarballe by katte is beslis nie plesierig nie. Of dit nou die angs is om te sien hoe jou geliefde kat een opbring of die afgryse om uit die bed op te staan en op ʼn bol nat kathare te trap of om die gesinslid te wees wat dit moet skoonmaak, dit is beslis iets waarsonder ons eerder wil leef. As dit soos jy klink, dan is jy nie alleen nie. Trouens, ʼn studie deur Hill’s het gewys die toptoestand – wat deur 35% van kateienaars aangemeld is – is haarballe.

Wat presies is haarballe?

Katte is skoon diere en jou kat sal ongeveer vyf ure lank elke dag spandeer om haarself te versorg. Deur dit te doen, sal sy los hare van haar pels oplek. Dit is baie moeilik vir haar om dit uit te spoeg, en dan sluk sy dit waarskynlik net. Oor ʼn jaar kan jou kat tot 173 g hare verorber. As jy jou nie kan indink hoeveel dit is nie, dink bloot aan ʼn groot slaaibak vol hare.

Meeste van die tyd veroorsaak dit hoegenaamd nie enige probleme nie en die hare beweeg bloot deur die spysverteringstelsel. Soms bly die hare egter in die maag en dit vorm ʼn haarbal.

Hoe kom ʼn haarbal uit?

Sodra ʼn haarbal gewoonlik ʼn spesifieke grootte is, sal jou kat daarvan ontslae raak. Kyk uit vir ʼn worsie hare – as jy gelukkig is, is dit op die badkamer se vloer. By sommige katte word dit deur die stoelgang uitgewerp. Dit veroorsaak egter selde enige benoudheid.

Alhoewel elke kat ʼn effense ander benadering het, soos ʼn harde skreeu of om voor die tyd vinnig weg te sluip, weet jy gewoonlik wanneer jou kat gereed maak om van ʼn haarbal ontslae te raak deur die braak- of hoesgeluide. Sommige katte raak tot weekliks of elke twee weke van ʼn haarbal ontslae.

Is sommige katte meer vatbaar?

Haarballe kom gewoonlik in langhaarkatte voor soos Persiese katte of Maine Coons, bloot omdat hulle meer hare as hul korthaar-eweknieë het. Kompulsiewe versorgers en katte wat baie hare verloor kan ook baie meer vatbaar wees, omdat hulle meer hare insluk. Met ʼn toename in verstedeliking bly talle katte hoofsaaklik of slegs binnenshuis. Dié katte het meer tyd om hulself te versorg en is perfekte kandidate vir ongewensde haarballe.

Alhoewel jou kat dalk nie as ʼn klein katjie haarballe gehad het nie, kan sy dit as ʼn volwassene ontwikkel soos wat sy al hoe meer vaardig raak om haarself te versorg. En jy kan al hoe meer daarvan sien rondlê wanneer dit warmer word en sy haar winterpels afskud.

Speel die versorgingspeletjie

(Foto verskaf deur Hill’s)

Een van die beste maniere om haarballe te help voorkom, is om jou kat te versorg. As jy jou kat gereeld borsel, sal jy los hare verwyder en jou kat hoef dit dan nie in te sluk nie. Kom in die gewoonte om dit te doen wanneer sy nog klein is, sodat sy gewoond raak daaraan. Dit is boonop ʼn wonderlike manier om tyd met haar te spandeer.

Belê in ʼn goeie versorgingsborsel wat ontwerp is vir die tipe pels wat jou kat het en moenie vergeet om dit al hoe meer gereeld te doen tydens lente of somer wanneer sy haar winterpels afskud nie.

Die regte kos kan help

Hill’s is altyd op die voorpunt van troeteldierkos-innovasie en was die eerste maatskappy wat ʼn produk bekendgestel het wat spesifiek ontwerp is om haarballe in katte te takel.

Hill’s Science Plan Hairball Indoor gebruik natuurlike veseltegnologie wat met hare, wat ingesluk is, meng sodat dit natuurlik deur die spysverteringstelsel kan beweeg. Dié produk verminder ook die kanse dat haarballe vorm en is die ideale keuse vir katte – en kat-eienaars – wat met haarballe sukkel.

Hill’s Science Plan Hairball Indoor is laag in vet en kalorieë en help om ʼn ideale liggaamsgewig in stand te hou, met gekontrolleerde mineralevlakke wat uriengesondheid ondersteun en ʼn spesiale formule wat help om die reuk van stoelgang te verminder. Dit is ook perfek vir katte wat binnenshuis bly. En die spesiale driehoekige happies maak dit makliker vir katte, met plat gesigte, om dit op te tel en te eet.

Hill’s Science Plan Hairball Indoor is beskikbaar in volwasse (Adult) en ouer volwasse (Mature Adult)-formules.

Nou kan jy tot R250 spaar op enige Hill’s Science Plan Special Care-produk! Voldoen aan jou kat se spesiale behoeftes met dié winskopies wanneer jy Science Plan Special Care vir die eerste keer aanskaf.

  • SPAAR R250 wanneer jy ʼn 12 kg sak koop
  • SPAAR R150 wanneer jy ʼn 6 kg of 7kg sak koop
  • SPAAR R75 wanneer jy ʼn 2,5 kg of 3kg sak koop
  • SPAAR R50 wanneer jy ʼn 1,5 kg of 2kg sak koop

Klik hier om meer uit te vind!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.