Só sien jy tekens raak dat jou troeteldier ouer word

(Foto verskaf deur Hill’s)

As die ouer van ʼn troeteldier is dit dalk nie lekker om daaraan te dink dat jou vierpotige kind ouer word nie, waarskynlik weens die risiko’s wat met ouderdom gepaard gaan soos kanker, artritis, breinveroudering en nierversaking. Maar selfs al word jou troeteldier ouer, kan hy of sy nou ʼn langer, gesonder lewe leef, danksy beter versorging en voeding.

Dis nie altyd maklik om die tekens raak te sien dat jou troeteldier ouer word nie. Trouens, in talle gevalle loop eienaars waardevolle voedingsjare mis, omdat daar min tekens van veroudering is wanneer troeteldiere eintlik hul senior jare bereik. As jou troeteldier sewe jaar of ouer is, word hulle as “senior” beskou. Groot honde bereik reeds in hul vyfde jaar ʼn senior ouderdom. “Dis nie wat mens aan die buitekant kan sien wat belangrik is nie,” sê dr. Guy Fyvie, bestuurder van veeartsenysake by Hill’s Pet Nutrition. “Ons weet dat veroudering in elke sel in die liggaam plaasvind.”

Verouderingsverwante veranderinge begin klein en hierdie klein veranderings lyk dalk of dit nie met mekaar verband hou nie en dit lyk dalk onverwant aan veroudering, maar as jy sien dat jou troeteldier al hoe meer slaap of minder opgewonde is wanneer speeltyd aanbreek, is dit waarskynlik dat veroudering besig is om in te tree. “Die goeie nuus is dat slim troeteldier-eienaars sommer dadelik die tekens van veroudering kan raaksien as hulle weet na watter klein veranderings hulle moet kyk,” voeg dr. Fyvie by.

Wees op die uitkyk vir dié tekens van veroudering

  • Denkvermoë. Jou troeteldier word dalk verwar deur goed wat hy/sy vroeër maklik kon hanteer, soos om hul bed of kosbakkies op te spoor. Hulle sit dalk ook makliker iewers vas of dis moeilik vir hulle om rondom hindernisse soos banke, koffietafels of selfs mense te beweeg. Jou hond blaf dalk ook vir geen rede nie.
  • Aktiwiteit. Jou troeteldier stel dalk nie meer belang in normale aktiwiteite soos om te speel, te hardloop, versorg te word of om hul omgewing te verken nie. Hulle word al hoe meer onrustig en angstig en loop op en af in die huis of ontwikkel ʼn fiksasie met spesifieke voorwerpe of mense.
  • Interaksie. Jou ouer troeteldier sosialiseer dalk nie meer met jou soos in die verlede nie en verloor belangstelling om vertroetel te word, jou by die deur te groet of om selfs net by jou te sit.
  • Verloor beheer. Niersiektes kom algemeen voor by ouer troeteldiere, veral katte, en dit is een van die grootste oorsake vir siektes. As jou troeteldier al hoe meer water drink en urineer, is dit ʼn teken dat die niere dalk nie meer so goed werk nie. As jy enige veranderinge in jou troeteldier se urine-roetine opmerk, is dit ʼn rede tot kommer. Dit kan ʼn teken wees van verskillende toestande, insluitend pyn, blaas- of nierfunksie en moontlik ʼn verlies van breinfunksie. Gewigsverlies en ʼn gebrek aan aptyt is ook ʼn teken van nierprobleme.
  • Slaappatrone. Soos wat jou troeteldier ouer word, kan jy veranderinge opmerk in hul slaappatrone en dit kan ʼn teken wees van verswakkende breinvermoë.

Die regte voeding kan veroudering teenwerk

(Foto verskaf deur Hill’s)

Die goeie nuus is dat ʼn eenvoudige verandering in hul voeding ʼn groot verandering kan beteken vir ouer troeteldiere. Danksy meer as ʼn dekade se navorsing oor die impak van voeding op troeteldiere se selfunksie, het Hill’s baie geleer oor hoe die regte voeding kan help om veroudering teen te werk.

Hill’s Science Plan Senior Vitality – formeel bekend as Youthful Vitality – is op dié basis ontwikkel. Hierdie deurbraak-voeding is geformuleer met natuurlike bestanddele, insluitend vrugte en groente, asook onversadigde vetsure, antioksidante, vitamine, minerale en aminosure, wat alles help om tekens van veroudering teen te werk.

  • Breinfunksie. Kragtige antioksidante vir ʼn goeie brein om seker te maak jou troeteldier wil graag met die familie interaksie hê.
  • Energie en lewenslus. Proteïen en L-karnitien ondersteun verbeterde aktiwiteit en die vermoë om aan die gang te kom.
  • Gesonde immuunstelsel. Vitamine C en E verseker ʼn sterk immuunstelsel.
  • Gesonde spysverteringstelsel. Hoë gehalte, maklik-verteerbare bestanddele wat lekker is om te eet.
  • Welige pels. Noodsaaklike vetsure beteken ʼn pels wat blink en sag is.
  • Geen kunsmatige preserveermiddels, geure of kleur word bygevoeg nie.

Voorlopers in voedselwetenskappe wat lewens verander

In ʼn kliniese studie1, het Hill’s Science Plan Senior Vitality-troeteldierkos ʼn toename getoon in lewenslus, die vermoë om aan die gang te kom, te hardloop en te speel, gretigheid om interaksie te hê, en ʼn sagte, blink pels tot gevolg gehad. In nóg ʼn interne studie het 70% van troeteldier-eienaars ʼn verbetering opgemerk in een of meer tekens van veroudering ná slegs 30 dae2.

Hill’s Science Plan Senior Vitality is beskikbaar vir katte en mini, medium en groot honde in droë en heerlike geregte waaroor katte en honde dol is!  

 

Spesiale aanbod

Troeteldier-eienaars kan tot R250 spaar op enige Hill’s Science Plan Special Care-produk.

Troeteldier-eienaars het ook die geleentheid om aan hul troeteldier se spesiale behoeftes te voldoen wanneer jy teen ʼn spesiale afslagprys vir die eerste keer Science Plan Special Care aanskaf.

Afslag vir troeteldier-eienaars:

  • SPAAR R250 wanneer jy ʼn 12 kg-sak aankoop
  • SPAAR R150 wanneer jy ʼn 6 kg of 7 kg-sak aankoop
  • SPAAR R75 wanneer jy ʼn 2.5 kg of 3 kg-sak aankoop
  • SPAAR R50 wanneer jy ʼn 1.5 kg of 2 kg-sak aankoop

Klik hier vir meer inligting

1 Kliniese studie met 214 honde tussen ouderdom 7 en 15 jaar en 82 katte tussen 8 en 15 jaar oud, in samewerking met Amerikaanse veeartse en troeteldier-eienaars.

2 Interne gebruikerstoets met ʼn prototipe formule (VSA, 2015) deur Applied Market Research (IMR) met 279 katte en honde, almal ouer as 7 jaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.