Verlig jou huis

Dié Sculptural Baobab-lamp het ʼn basis wat herinner aan reusagtige kremetartbome, wat so eie aan die vasteland is. (Foto: Verskaf)

Cara-Ann Potgieter, ʼn stigterslid van die dekor-en-meubelboetiek Palmy Living, glo om ʼn tuiste te skep is veel meer as net die ontwerp daarvan – jy wil ook ʼn sekere atmosfeer met jou binnenshuise versiering skep. Lig is ʼn kernelement wanneer dit by die binnenshuise ontwerp van jou huis kom.

  • Lig skep atmosfeer: Maak seker jy kies die regte beligting deur te kyk na fatsoen en funksie. Wanneer jy ʼn atmosfeer skep, is dit nodig om die vorm van die lig, die skadu’s, die oppervlakke en natuurlik die kleur van die lig in ag te neem. Atmosfeer kan verder uitgebrei word deur kerse.
  • Lig verleen dimensie aan jou ruimte. Dit is nodig om elemente van ruimte en dimensie in ʼn kamer te skep. Wanneer ons lampe en hangligte insluit, verleen dit interessante dimensies aan jou vertrek.
  • Beligting skep interessante fokuspunte: ʼn Vertrek behoort verskeie fokuspunte te hê. Wanneer ʼn huis van baie neutrale kleure gebruik maak, word daardie fokuspunte nog belangriker om af te wissel. So, dan sal ʼn mens daarna kyk om tekstuur, hoogte en verskillende vorms saam met die kleurskema in te bring.

Dié Sculptural River-lamp die sagte vloeibewegings van Afrika-riviere vasvang. (Foto: Verskaf)

Cara-Ann gee dié wenke om die regte beligting vir jou huis te kies:

  • Kyk na hoogtes: Beligting wat op verskillende hoogtes hang, skep interessante fokuspunte. Maar wanneer jy ʼn oopplan-ontwerp het, kan jy die twee tot drie leefareas saambring deur jou beligting dieselfde te hou en teen dieselfde hoogte te hang. Jy kan dimensie skep deur lampe en kerse in te bring.
  • Kies die regte kleure: Cara-Ann stel ʼn kernkleurpalet vir jou huis voor. Dit sal help om jou vertrekke te ontwerp, sodat dit mekaar aanvul en ʼn eenheid deur jou huis skep. Kies dan ook ligte wat pas binne hierdie kleurskakering.
  • Hou dit interessant, maar steeds konsekwent: Terwyl vorm, kleur en kontoere interessante aspekte by jou beligting inbring, is dit die konsekwentheid in style en kleur wat belangrik is.
  • Kies die regte gloeilampe: Maak seker jou beligting is sag en die regte kleur vir jou vertrek. Hou jy van ʼn wit lig, of wil jy ʼn atmosfeer skep met ʼn warmer geel lig? Jy kan ook interessante gloeilampe kry wat dan ʼn fokuspunt van jou lig word. Groot gloeilampe met interessante draadwerk bring ook ʼn ware ontwerperselement na jou huis.
  • Skadu’s en vorms: Hou in gedagte hoe die vorm en die skadu of die lig in jou ruimte sal val. Vorms kan interessante funksie in jou huis bring. Vind beligting met verskeie vorms en groottes om ʼn ruimte te beklemtoon.

Gaan loer gerus na Palmy Living se reeks van ligte om jou te help om atmosfeer en warmte aan jou huis se interieur te gee.

Dié Suid-Afrikaanse dekor-en-meubelboetiek het onlangs twee merkwaardige Afri-Scandi-geïnspireerde beeldhoulampe bekendgestel in samewerking met illustreerder Maria Magdalena Atelier en keramiekkunstenaar Corinne de Haas.

Die lampe vorm deel van Palmy Living se nuwe Day in Africa-versameling. Die versameling bring Afrika-teksture, vorms en sagte lig bymekaar om die moderne huis op te helder.

Met organiese lyne en neutrale kleure bring hierdie lampe die Afrika-natuur na binne. Die lampe bestaan uit handgekerfde keramiekbasisse met Viëtnamees geïnspireerde skerms waardeur die lig sag kan skyn.

Die Sculptural Baobab-lamp het ʼn basis wat herinner aan reusagtige kremetartbome, wat so eie aan die vasteland is, terwyl die Sculptural River-lamp die sagte vloeibewegings van Afrika-riviere vasvang.

Met slegs ʼn beperkte aantal lampe is hierdie trots Suid-Afrikaanse kunswerke waarlik versamelaarstukke wat subtiel die Afrika-bos tot binne-in jou eie huis lok.

Besoek Palmy Living se webwerf vir meer inligting.

Die versameling bring Afrika-teksture, vorms en sagte lig bymekaar om die moderne huis op te helder. (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.