Video: Adam Tas deel wenk vir die jagveld

Adam Tas, aanbieder van “Byt en Buskruit”. (Skermgreep uit die video)

Die eerste episode van die langverwagte nuwe jag-en-visvangreeks, Byt en buskruit, word Donderdagaand bekendgestel en die aanbieder van dié program, Adam Tas, het besluit om die jagters solank ʼn voorsmakie te gee.

Tas is ʼn gesoute televisie-aanbieder, sanger en liedjieskrywer, maar ook ʼn ywerige jagter wat graag sy kennis en jagveldstories deel. Hy sal voortaan elke week ʼn nuttige jagwenk met Maroela Media se lesers deel, maar kykers kan steeds weekliks op Byt en buskruit inskakel vir al jag- en visvang-avonture.

In elke episode reis ʼn bekende saam met Tas na ʼn eksotiese bestemming in Mauritius, Mosambiek, St. Helena-eiland en Namibië. Ná afloop van elke dag se avontuur word daar heerlik kos gemaak met die vangs van die dag en daar word gesellig om die kampvuur gekuier. Kykers sal eerstehands kan sien hoe vis- en wildsvleisgeregte berei word en dié resepte sal ook eksklusief op Maroela Media beskikbaar wees.

Elke episode van Byt en buskruit word weekliks op Dapper Media bekendgestel van waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening.

Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Martin ·

Hoe lank dink hy jag van ons? Van ons was in die weermag ook.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.