Video: Adam Tas deel wenk vir die viswaters

Adam Tas in Byt en Buskruit (Foto: Verskaf)

Dit is tyd om nader te skuif vir die tweede episode van Adam Tas se jag-en-visvangreeks Byt en buskruit.

Tas, ʼn gesoute televisie-aanbieder, sanger en liedjieskrywer, kuier hierdie week saam met die sangeres en aktrise Sorina Erasmus, ook beter bekend as die Flooze. Hulle hengel saam by die asemrowende Finfoot Lake Reserve by Rustenburg in Noordwes en kyk wie die grootste vis kan inkatrol.

As ʼn lusmaker vir dié episode het Tas ook ʼn wenk vir die mense wat wil seker maak hulle trek die grootste vis eerste uit die dam se water.

Elke episode van Byt en buskruit word weekliks op Dapper Media bekendgestel van waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening.

Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Devil ·

Net ‘n vragie.

Daai lyne wat so afbreek…..wat gebeur met dit?
Gee enige iemand wat visvang ooit om oor dit, of is dit maar net ‘n geval van “Dis darem lekker om te hengel maak nie saak of my omgewing besoedel nie!!”

Cor Smith ·

Hoewel lyne wat afbreek wel n probleem kan raak in damme en hengel waters reg oor die land, kan ek met sekerheid getuig dat hierdie betrokke vis die hoeklyn gebreek het toe dit om n klip geswem het. Dus het die hoekie in sy lip agter gebly, maar die roes wel vinnig uit. Ek het die skep net vas gehou.
As hengelaar is dit n gewoonte om wanneer ookal ou lyn langs n oewer of gehaak word met jou eie gerei of langs die water le, dit op te tel of soveel moontlik uit die water te teek en in n asblik te gooi.
Onder ge-organiseerde hengelaars en hengel klub lede is daar n bewarings kultuur en streef ons daarna om ons hengel waters te bewaar en sover moontlik die oewer waar jy hengel skoon te hou.

Die waarheid is ongelukkig dat daar wel vrot appels is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.