Dit is tyd om nader te skuif vir die tweede episode van Adam Tas se jag-en-visvangreeks Byt en buskruit.
Tas, ʼn gesoute televisie-aanbieder, sanger en liedjieskrywer, kuier hierdie week saam met die sangeres en aktrise Sorina Erasmus, ook beter bekend as die Flooze. Hulle hengel saam by die asemrowende Finfoot Lake Reserve by Rustenburg in Noordwes en kyk wie die grootste vis kan inkatrol.
As ʼn lusmaker vir dié episode het Tas ook ʼn wenk vir die mense wat wil seker maak hulle trek die grootste vis eerste uit die dam se water.
Elke episode van Byt en buskruit word weekliks op Dapper Media bekendgestel van waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening.
Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Net ‘n vragie.
Daai lyne wat so afbreek…..wat gebeur met dit?
Gee enige iemand wat visvang ooit om oor dit, of is dit maar net ‘n geval van “Dis darem lekker om te hengel maak nie saak of my omgewing besoedel nie!!”