Video: Bly drywend en droog op die viswaters

Adam Tas, Kallie Kriel en Meyer le Roux het ‘n draai op St. Helena gaan maak in die jongste episode van ‘Byt en buskruit’. (Foto: ‘n Skermskoot uit die video.)

Op hierdie week van Byt en buskruit besoek Adam Tas St. Helena, een van die mees afgeleë eilande op hierdie aardbol.

Tas het vir Meyer le Roux van Buffelsfontein Baardolie en Kallie Kriel van AfriForum genooi om saam met hom te kom visvang in die waters van Jamestown. Dit is hier waar Le Roux sy heel eerste tuna uit die Atlantiese Oseaan trek en Kriel die Jacobsleer aandurf, terwyl Tas ʼn reusekoningvis (Giant Trevally) die stryd met ʼn klein visstok aansê.

In vandeesweek se video het Tas ook raad om jou droog op ʼn boot te hou en te verseker dat jou toerusting nie onder die diepsee se waters verdwyn nie.

Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Klik hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.