Video: Hou jou skoene só droog in die bosveld

Adam Tas, Ichnus Wait en Douglas Fletcher in Byt en Buskruit (Foto: Verskaf)

Vandeesweek op Byt en buskruit pak Adam Tas ʼn nuwe avontuur aan by die Sandveld Hunting Lodge in die Noordwes-provinsie.

Hierdie keer het Tas vir Ichnus Wait van die Buffelsfontein-groep en Nic Arnold, bestuurshoof van AfriForum, gevra om saam met hom te gaan jag. Wait en Arnold deel ook hulle hope kennis en liefde van die natuur en natuurskoon van hierdie deel van die wêreld.

As lusmaker vir die derde episode in hierdie reeks het Tas weer ʼn maklike wenk om jou kuiertjie in die bosveld te vergemaklik.

“As jy gaan jag is dit byna onafwendbaar dat jou skoene gaan nat word. ʼn Mens het gewoonlik ook net ʼn nag om jou skoene droog te kry voor jy die volgende môre moet uitstap,” sê Tas.

Kyk na die video om te hoor hoe kry jy jou skoene in ʼn japtrap droog.

  • Elke episode van Byt en buskruitword weekliks op Dapper Media bekendgestel van waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.