Video: Lae klere teen die sweet

Adam Tas het dié keer sy goeie vriend en sangkollega Juan Boucher genooi om saam te kom jag. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

In hierdie episode van Byt en buskruit besoek die span Shammah Game Lodge, een van die mooiste jagplase tussen die klowe in Noordwes.

Adam Tas het dié keer sy goeie vriend en sangkollega Juan Boucher genooi om saam te kom jag. Saam beleef die twee een van die grootste avonture en moeilikste jagtogte op die reeks tot dusver.

Oudergewoonte deel Tas ook weer ʼn jagwenk in die week se episode. Die keer verduidelik hy hoe jy kan aantrek om in die winter warm te bly vir die jagtog sonder dat jou sweet jou posisie aan die wild verklap.

  • Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.