Video: Leer net hoe om een of twee knope maak

Steve Hofmeyr het saam met Adam Tas gaan visvang in die jongste episode van Byt en buskruit. (Foto: ‘n Skermskoot van die video.)

In vandeesweek se episode van Byt en buskruit vat Adam Tas sy goeie vriend en sangkollega Steve Hofmeyr uit op ʼn visvang-ekspedisie in Mosambiek.

Hulle gaan terg die tuna op die diepsee waar die waters rof raak.

Tas deel in sy jongste wenkvideo nog ʼn stukkie handige raad vir die vissermanne en -vroue wat dié viswaters wil gaan aandurf.

Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Kliek hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Devil ·

Kan dit nog steeds nie verstaan hoe dit kan lekker wees om ‘n dier met ‘n yster hoek in sy bek te vang, met geweld uit sy habitat te trek en dit te laat ly wyl jy fotos neem, alles net vir pret.

Kan dit ook nie verstaan dat mense nie meer vir die omgewing omgee wat hulle so, alles vir pret, besoedel met vislyne en wat nog alles in die see beland nie!

Is dit net ek wat so voel?

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.