Video: Maak só ʼn Franse vlegsel in ʼn japtrap

Skermgreep uit video.

Dit verg geoefende vingers om die perfekte Franse vlegsel te maak, maar eintlik kan enigiemand dit bemeester as jy net mooi weet watse stappe om te volg.

Maroela Media het besluit om ʼn video saam te flans wat presies uitbeeld hoe jy ʼn Franse vlegsel in ʼn japtrap kan maak.

Volg die stappe:

Stap 1: Verdeel die hare bo-op die kop in drie seksies.

Stap 2: Begin deur die verdeelde seksies te begin vleg.

Stap 3: Voeg elke keer ʼn bietjie hare by elke seksie aan albei kante en hou aan vleg. Hou aan om elke keer hare weerskante by te voeg en vleg totdat al die hare ingevleg is.

Stap 4: Bind met ʼn stewige rekkie vas. Die klein, deurskynende rekkies wat by Clicks of Dis-chem te koop is, werk die beste.

Vir ʼn onderstebo Franse vlegsel, volg dieselfde stappe. Vleg net die seksies onder om in plaas van bo om.

Wenk: ʼn Franse vlegsel is makliker om te maak met hare wat nie silwerskoon gewas is nie.

Kyk hier na die video van die maak van ʼn Franse vlegsel en ʼn onderstebo Franse vlegsel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.