Video: Moenie nou al jou jagklere aantrek

Adam Tas, aanbieder van “Byt en Buskruit”. (Skermskoot uit die video)

In die jongste episode van Byt en buskruit het Adam Tas vir die liedjieskrywer en sanger Appel genooi om saam met hom in die beeldskone Kalahari te gaan jag.

Die manne het by Sandveld Hunting Lodge gaan jag en was op die spoor van swartwildebeeste. Die wind het egter gewaai en dit was ʼn ope vraag of die manne hulle bokke sou plattrek.

As die wind só waai, kan die bokke maklik op die vlug slaan want dié diere se reuksintuig is goed ontwikkel. Tas het ʼn wenk in sy jongste video gedeel oor hoe om seker te maak dit is nie jou klere wat die bokke verwilder nie.

Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Klik hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.