Video: Nog wenke om die windrigting te bepaal

Adam Tas en Ricus Nel maak saam kos in die jongste episode van ‘Byt en buskruit’. (Foto: ‘n Skermgreep uit die video.)

Adam Tas, sanger en aanbieder van Byt en buskruit, het in die 13de episode van dié reeks sy vriend Ricus Nel genooi om saam met hom te gaan jag en visvang in Dullstroom, Mpumalanga.

Die manne probeer ook ʼn byt aan die lyn kry in die koudste weer waarin Tas al visgevang het. Hulle bekruip ook bokke, wat silhoeëtte maak soos spoke, in die digste miswolke wat Tas nog ooit gesien het.

Kyk, ʼn bok se neus is darem maar skerp! Jou hele bekruipslag kan daarmee heen wees as jy op dié dier afkom en die windrigting waai dalk net verkeerd.

Tas het nog drie wenke vir hoe om maklik seker te maak jy weet in watter rigting die wind waai voor jy aanlê vir daardie kolskoot van jou jagtog.

  • Moenie hierdie episode van Byt en buskruit misloop nie. Elke episode word weekliks op Dapper Media bekendgestel waar dit heeltemal gratis aanlyn gestroom kan word. Al wat jy nodig het, is toegang tot die internet en ʼn Dapper Media-rekening. Klik hier om gratis op Dapper Media te registreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.