Dié sjiek en maklike haarstyl is ideaal vir wanneer jy met ʼn Franse vlegsel wil spog, maar net nie jou vingers sover kan kry om die stappe baas te raak nie.
Só maak jy ʼn kroek-vlegsel:
Stap een: Verdeel die hare net onder die kroontjie in twee seksies.
Stap twee: Bind die boonste en onderste gedeeltes apart met rekkies vas.
Stap drie: Verdeel die boonste poniestert in twee dele.
Stap vier: Vervleg die onderste poniestert deur die boonste twee dele. Maak die hare deurgaans met rekkies vas.
Stap vyf: Pof hare uit vir ʼn voller voorkoms.
Wenk: Die deurskynende klein rekkies wat by Clicks of Dis-Chem te koop is, werk die beste.
Kyk hier na die video van die maak van ‘n kroek-vlegsel:
Kyk hier vir ʼn paar maklike stappe om ʼn Franse vlegsel en ʼn onderstebo Franse vlegsel te maak.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Dit lyk pragtig, maar heng dit lyk na ‘n klomp werk ook! En dit help dat die model in die video sulke lieflike hare het.